Woord vir Vandag - 11 Aug 2026 episode artwork

EPISODE · Jul 28, 2026 · 1 MIN

Woord vir Vandag - 11 Aug 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV ‘Deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan’ Tydens die Koreaanse Oorlog is ‘n Suid-Koreaanse burger deur die kommuniste in hegtenis geneem. Toe die jong kommunistiese leier uitvind dat hy die hoof van ‘n weeshuis is, het hy egter besluit om sy lewe te spaar. In plaas daarvan het hy beveel dat die man se seun tereggestel moet word. Die negentienjarige seun is in die teenwoordigheid van sy vader geskiet. Na die oorlog is die jong kommunistiese leier deur die Verenigde Nasies gevange geneem en ter dood veroordeel. Voordat die vonnis egter voltrek kon word, het die Christen wie se seun doodgemaak is, vir die lewe van die moordenaar gepleit. ‘Gee hom vir my,’ het die man gevra, ‘en ek sal hom oplei.’ Hoe ongewoon dit ook al was, het die Verenigde Nasies sy versoek toegestaan en die vader het sy seun se moordenaar in sy eie huis ingeneem en vir hom gesorg. Deur aan die liefde van God blootgestel te word, het daardie jong kommunistiese leier ‘n Christen en uiteindelik die pastoor van ‘n kerk geword. Is jy al seergemaak, verraai of onregverdig behandel? In plaas daarvan om in woede terug te veg, hanteer dit Skriftuurlik: ‘Moenie vir enigiemand kwaad met kwaad terugbetaal nie… julle moet julleself nie wreek nie. Laat die straf aan God oor. Daar staan mos in die Skrif: ‘Dit is mý reg om te straf; Ek sal vergeld, sê die Here’… Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan’ (Romeine 12:17, 19, 21 NLV).

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 28, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 11 Aug 2026

0:00 1:57

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 1 minute long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on July 28, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!