Woord vir Vandag - 11 Julie 2026 episode artwork

EPISODE · Jun 25, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 11 Julie 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“Ons gee met reg eer aan dié wat in swaarkry uithou…” Jakobus 5:11 NLV Kyk terug en word bemoedig Jakobus het geskryf: ‘Liewe broers en susters, neem die profete wat namens die Here gepraat het, as ‘n voorbeeld van geduld in swaarkry. Ons gee met reg eer aan dié wat in swaarkry uithou. Job is ‘n voorbeeld van iemand wat geduldig volhard het. Uit wat uiteindelik met hom gebeur het, sien ons dat God se einddoel goed is. Die Here is mos vol innige meelewing en Hy gee onverdiend sy liefde’ (Jakobus 5:10-11 NLV). Hier word ons herinner om terug te kyk en bemoedig te word deur diegene wat ons vooraf gegaan het terwyl ons wag vir die Here se wederkoms. Kyk na Hosea: Sy vrou het hom verlaat, maar hy het getrou volhard en God het hul huwelik herstel (sien Hosea 3:1-3). Kyk na Daniël: Hy is in ‘n leeukuil gegooi omdat hy standvastig in sy geloof gestaan het, maar God het hom verlos en bevorder (sien Daniël 6:1-28). Kyk na Jeremia: Hy is gearresteer, daarvan beskuldig dat hy ‘n verraaier is en in 'n put gegooi om te sterf (sien Jeremia 37-38). Hy het egter opgekyk en God het hom verlos. Dan is daar die lys van die geloofshelde wat in Hebreërs 11 genoem word! Diegene van ons wat deur familielede verwerp is, kan na Abel terugkyk (vers 4). Diegene wat misverstaan word, kan na Noag terugkyk (vers 7). Diegene wat ‘n krisis van geloof ervaar en voel of hulle teen die onmoontlike te staan kom, kan na Abraham terugkyk (vers 8-10). As jy misbruik of mishandel is, kan jy na Josef terugkyk (vers 22). Diegene wat met struikelblokke in die lewe gekonfronteer word, kan na Josua terugkyk (vers 30). Diegene wat ‘n sondige verlede wil oorkom, kan na Ragab terugkyk (vers 31). Die woord vir jou vandag is dus: Kyk terug en word bemoedig.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 25, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 11 Julie 2026

0:00 2:08

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on June 25, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!