Woord vir Vandag - 11 Sep 2026 episode artwork

EPISODE · Aug 17, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 11 Sep 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“Kom ons gaan dan met volle vrymoedigheid na die troon van ons genadige God…” Hebreërs 4:16 NLV Bid met vrymoedigheid (1) Toe Martin Luther se kollega siek geword het, het die hervormer vrymoedig vir genesing gebid. ‘Ek het die Almagtige met groot ywer gesmeek en al die beloftes wat ek uit die Skrif kon onthou, aangehaal. Ek het gesê dat Hy asseblief my gebed moet verhoor sodat ek voortaan geloof in sy beloftes moet hê.’ Terwyl John Wesley die Atlantiese Oseaan oorgesteek het, het sy skip ‘n groot storm binnegevaar. Hy het dadelik in sy kajuit gaan bid. Adam Clark, ‘n kollega, het die gebed gehoor en dit opgeteken: ‘Almagtige God, U heers oral en alle dinge dien die doel van u wil. Beveel hierdie winde en golwe dat hulle U moet gehoorsaam, en neem ons vinnig en veilig na die hawe waarheen ons wil gaan.’ Adam Clark het op die dek gaan staan, waar hy kalm winde en die skip op koers gevind het. Wesley het egter geen opmerking oor die verhoorde gebed gemaak nie. Clark het geskryf: ‘Hy het so volkome verwag om gehoor te word dat hy dit as vanselfsprekend aanvaar het dat sy gebed verhoor sou word.’ Vrymoedigheid in gebed is vir baie ‘n ongemaklike gedagte. Om aan die deur van die Allerhoogste te klop? Om met God te worstel? Is sulke gebed oneerbiedig? Vermetel? Dit sou wees as God ons nie genooi het om so te bid nie: ‘Kom ons gaan dan met volle vrymoedigheid na die troon van ons genadige God. Hy sal aan ons sy deernis en onverdiende goedheid bewys sodat ons op die regte tyd gehelp sal word.’ Bevind jy jouself tans in ‘n noodsituasie? ‘…gaan dan met volle vrymoedigheid na die troon van ons genadige God,’ in die geloof dat God jou gebed sal verhoor en namens jou sal optree.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 17, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 11 Sep 2026

0:00 2:01

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on August 17, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!