Woord vir Vandag - 12 Julie 2026 episode artwork

EPISODE · Jun 25, 2026 · 1 MIN

Woord vir Vandag - 12 Julie 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“Here, in die oggend sal U my stem hoor…” Psalm 5:4 NLV Begin jou dag met God Hoe begin jy jou dag met God? As jy nie ‘n ‘oggendmens’ is nie, moenie druk op jouself plaas om heel eerste in die oggend ‘n lang tyd te bestee om die Skrif te lees en te bid nie. In plaas daarvan om jouself in die oggend te dwing om ‘n lang stiltetyd te hou, probeer - so vroeg moontlik nadat jy wakker geword het - om net ‘n paar minute alleen met God te bestee. Doen dan die volgende drie dinge: Eerstens, erken jou afhanklikheid aan God. Tweedens, vertel Hom van jou bekommernisse vir die dag. Derdens, nooi God uit om die dag saam met jou deur te bring. Die Psalmdigter het gesê: ‘Here, in die oggend sal U my stem hoor. Soggens bring ek my versoeke vol verwagting na U toe.’ Toe het hy bygevoeg: ‘Voor dagbreek roep ek om hulp, en plaas my hoop op u woord’ (Psalm 119:147 NLV). Hoe kan jy dan jou dag met God begin? Moenie probeer om baie nuwe dinge uit te probeer en te doen nie. Doen net die dinge wat jy normaalweg doen – maar doen dit saam met God. Ons praat dikwels daaroor om die oomblik te omarm en die dag aan te gryp. Ons is egter nie veronderstel om oomblikke te omarm en dae aan te gryp nie, ons is veronderstel om God te omarm en aan te gryp. Oomblikke is nie altyd goed nie, maar God is nooit enigiets anders as goed nie. ‘Loof die Here, want Hy is goed!..’ (Psalm 118:1 NLV). Herinner jouself daaraan dat God vandag by jou is en dat Hy goed teenoor jou en vir jou sal wees.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 25, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 12 Julie 2026

0:00 1:52

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 1 minute long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on June 25, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!