Woord vir Vandag - 12 Sep 2026 episode artwork

EPISODE · Aug 17, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 12 Sep 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“…ons het dus nou deur die bloed van Jesus volle vrymoedigheid om in die hemelse heiligdom in te gaan.” Hebreërs 10:19 NLV Bid met vrymoedigheid (2) Martin Luther het ‘n goeie vriend, genaamd Frederick Myconius, gehad wat dodelik siek geword het. Luther het aan hom geskryf: ‘Ek beveel jou in die naam van God om te lewe, want ek het jou steeds nodig in die werk om die kerk te hervorm. Die Here sal toelaat dat jy oorleef. Hiervoor bid ek, dit is my wil en mag my wil geskied, want ek lewe slegs om die Naam van God te verheerlik.’ Ons dink ons moet saggies met God te praat, ons moet onsself voor God verootmoedig, maar ons dink nie daaraan om vrymoedig te bid nie. Tog is dit wat die Bybel sê ons moet doen: ‘Liewe broers en susters, ons het dus nou deur die bloed van Jesus volle vrymoedigheid om in die hemelse heiligdom in te gaan… met ‘n opregte hart en absolute vertroue… Kom ons hou ook styf vas aan die hoop wat ons bely, want ons kan op God staatmaak; Hy sal doen wat Hy beloof het… Moenie hierdie vertroue in God deur julle vingers laat glip nie. Dit hou vir julle ‘n groot beloning in. Wat julle nodig het, is om te volhard sodat julle kan voortgaan om God se wil te gehoorsaam. Dan sal julle ontvang wat God beloof het’ (verse 19, 22, 23, 35-36 NLV). Gebed gaan nie daaroor om God te oorreed om iets te gee wat Hy huiwerig is om te gee nie. Hy is gewilliger om te gee as wat ons is om te ontvang. Hy soek inderwaarheid na geleenthede om ons te seën: ‘Die Here kyk oor die hele aarde om hulle te help wat met hulle hele hart op Hom vertrou…’ (2 Kronieke 16:9 NLV). Bid dus met vrymoedigheid en wees vol vertroue dat God sal doen wat Hy belowe het.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 17, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 12 Sep 2026

0:00 2:01

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on August 17, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!