Woord vir Vandag - 13 Aug 2026 episode artwork

EPISODE · Jul 28, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 13 Aug 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“Wees net maar stil tot God, my siel, want van Hom is my verwagting!” Psalm 62:6 AFR53 Evalueer jou verwagtinge Ons almal het verwagtinge van ander mense. Baie keer is ons dalk nie heeltemal bewus van ons verwagtinge nie, of ons druk dit nie duidelik uit nie, of ons erken nie dat dit onrealisties is nie. Daarom kan dit ons baie frustreer. Mislukte verwagtinge sal altyd stres veroorsaak. Ongelukkig is sommige van die skadelikste verwagtinge dié wat ons van onsself het. ‘Ek behoort drie kinders groot te maak, elke aand aandete op die tafel te hê, tien uur per dag te werk en perfek te lyk wanneer my man deur die deur stap.’ Maak ‘n lys van jou belangrikste verwagtinge. Begin met die belangrikste mense in jou lewe en maak dan ‘n lys van jou belangrikste verwagtinge van elke persoon. Probeer objektief wees of dit realisties is of nie. Maak seker dat jy die oorsprong of kernrede vir ‘n verwagting verstaan. Het jy hierdie verwagtinge duidelik gemaak? Indien nie, hoekom nie? Vrees jy verwerping? Wat is die ergste wat kan gebeur? Is jy bereid om oor sommige van jou verwagtinge te onderhandel? Daar kan gevalle wees waar jy sekere verwagtinge moet uitskakel om jou eie vrede te bewaar. Die Psalmdigter het geskryf: ‘Wees net maar stil tot God, my siel, want van Hom is my verwagting!’ Dit beteken dat jy dalk minder van mense en meer van God sal moet verwag. Moenie jouself blootstel om in frustrasie te lewe nie. Bring jou verwagtinge voor God en laat Hy hulle beoordeel. Laat Hy die onrealistiese uitskakel en jou die moed gee om dié wat gekommunikeer moet word, uit te druk. Vertrou God om die harte van diegene wat betrokke is, te beïnvloed sodat jou verwagtinge nie ‘n bron van frustrasie vir jou of hulle word nie.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 28, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 13 Aug 2026

0:00 2:02

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on July 28, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!