Woord vir Vandag - 13 Julie 2026 episode artwork

EPISODE · Jun 25, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 13 Julie 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“En as iemand die een aanval, sal die twee weerstand bied. ‘n Driedubbele tou breek nie maklik nie.” Prediker 4:12 NLV Wees ‘n spanspeler Salomo het geskryf: ‘En as iemand die een aanval, sal die twee weerstand bied. ‘n Driedubbele tou breek nie maklik nie.’ Met ander woorde, wees ‘n spanspeler. In Deuteronomium 32:30 lees ons van een persoon wat 1 000 mense laat vlug het en twee persone wat 10 000 mense op die vlug laat slaan het. Dit beteken dat twee persone wat saamwerk, tien keer effektiewer is as een enkele persoon. Spanne skep sinergie. Die beste verduideliking van sinergie is dat ‘n hand effektiewer is as vyf vingers wat onafhanklik van mekaar werk. Toe die pers vir Edmund Hillary vra wat sy sleutel tot sukses is nadat hy die eerste persoon was om die piek van Mount Everest te bereik, was sy reaksie inspirerend: ‘Ons grootste sterktpunt in 1953 op Everest was ons baie sterk spangees. Individueel, as bergklimmers, was ons nie besonder kundige mense nie. Ons was bekwame klimmers, maar ons het saamgewerk en ons was vasbeslote dat iemand bo moes uitkom. Ons almal wou natuurlik daardie persoon wees om dit te doen, maar dit was selfs belangriker dat iemand in die groep die kruin moet bereik. Deesdae is hierdie spangees nie meer so algemeen nie. Daar is baie meer prima donnas in die moderne klimgemeenskap, mense wat oor groot vaardighede en groot individualisme beskik, maar wat dalk nie so entoesiasties saamwerk soos ons nie.’ Die waarheid is dat geen individu so slim en sterk is soos wanneer ons almal as ‘n groep saamwerk nie. Dr John Maxwell stel dit as volg: ‘Teamwork makes the dream work.’ Wees dus bereid om jou persoonlike agenda vir die tipe sukses wat slegs deur ‘n span bereik kan word, op te offer.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 25, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 13 Julie 2026

0:00 2:08

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on June 25, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!