Woord vir Vandag - 13 Mei 2026 episode artwork

EPISODE · Apr 22, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 13 Mei 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“…Gaan die hele wêreld in en verkondig die Goeie Nuus aan almal, oral.” Markus 16:15 NLV Die hele wêreld moet God se Woord aanhoor In 1993 het ‘n groep genaamd AD2000 United Prayer Track met ‘n innoverende idee vorendag gekom. Om hul doelwit van ‘’n kerk vir elke volk en die evangelie vir elke persoon teen 2000 NC’ te help verwesenlik, het hulle ‘n program genaamd ‘Praying through the Window’ gestig. Die ‘venster’ het na ‘n gebied op die aardbol van tien grade tot veertig grade noord van die ewenaar, van Noord-Afrika en Suid-Spanje ooswaarts tot Japan en die noordelike Filippyne, verwys. Byna drie miljard mense woon in hierdie gebied, waar die prominentste godsdienste Boeddhisme, Islam en Hindoeïsme is. Vir die hele maand van Oktober 1993, en weer in 1995, het miljoene Christene vir die mense in ‘die 10/40-venster’ gebid. Die doel was dat nuwe kerke gestig en nuwe sendelinge na hierdie gebiede gestuur word. In 1993 alleen het die aantal kerke in Albanië van 50 tot meer as 300 gegroei en die aantal Christelike gemeenskapsgroepe wat in Indië gevorm is, het van ‘n gemiddeld van drie tot sewentien per dag gestyg. As jou wêreld slegs uit jou geliefdes, jou werk en jou kerk bestaan, vra God om jou oë vir die buitewêreld oop te maak. Bid dat Hy in daardie nasies sal beweeg. ‘Vra My, en Ek gee vir jou nasies as erfporsie, die einde van die aarde as jou besitting’ (Psalm 2:8 NLV). Jy vra: ‘Kan ons realisties glo dat die hele wêreld na Christus sal draai?’ Lees die volgende: ‘Die hele aarde sal die Here erken en na Hom toe terugkeer. Mense uit elke nasie sal Hom weer dien’ (Psalm 22:28 NLV).

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 22, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 13 Mei 2026

0:00 2:07

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on April 22, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!