Woord vir Vandag - 13 Sep 2026 episode artwork

EPISODE · Aug 17, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 13 Sep 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“Alles wat julle in die gebed van God vra, sal julle ontvang, mits julle God daarmee vertrou.” Matteus 21:22 NLV Bid met vrymoedigheid (3) Max Lucado het oor die krag van gebed in die lewe van sy vriend, Greg Pruett, geskryf: ‘Hy is as ‘n ingenieur, taalkundige en Bybelvertaler opgelei. Sy belangrikste bydrae is egter dalk op die gebied van ‘extreme prayer.’ In Greg se boek met dieselfde naam, vertel hy hoe hy van Guinee in Wes-Afrika teruggekeer het om die pos van die president van Pioneer Bible Translators te aanvaar. Dit was in 2008 – tydens die Groot Resessie. Die bediening se finansies was beroerd, op pad na insolvensie. Greg het geen ervaring om so ‘n organisasie te lei gehad nie en kon geen tasbare plek vind om uitgawes te besnoei nie. Hulpbronne was min en die skenkers het verdwyn. Greg het net een reaksie daarop gehad: gebed. ‘Dit is toe dat ek begin leer het om nie oor my strategieë te bid nie, maar om gebed die strategie te maak.’ In Julie het hy ‘n brief aan sy vriende wêreldwyd geskryf en hulle tot gebed opgeroep. Hy het hulle aangespoor om voor God se troon met spesifieke en dapper versoeke te staan. Greg het die resultaat as volg beskryf: ‘Toe ek die jaareindverslag lees, het ek geweet dat God ons gebede verhoor het. My oë het vol trane geskiet. As ‘n finansiële kenner hierdie verslag sou ontleed, sou hulle hul vinger op die maand Julie plaas en vra: ‘Wat het jy hier gedoen? Wat dit ook al was, jy moet dit baie meer doen.’ Ek het tevergeefs na ‘n tasbare verduideliking gesoek. Ek wou ontleed presies wat ons gedoen het, sodat ons dit weer kon doen. Ek kon egter nooit. Al wat ek geweet het, is dat God voorsien het. Al wat ek gehad het, was God - en gebed.’ Is dit al wat jy het? Dis al wat jy nodig het!

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 17, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 13 Sep 2026

0:00 2:03

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on August 17, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!