Woord vir Vandag - 14 Aug 2026 episode artwork

EPISODE · Jul 28, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 14 Aug 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“…Ek het geantwoord: ‘Here, ek sal gaan! Stuur my!’” Jesaja 6:8 NLV Vertel die hele wêreld van Jesus Een van die geskiedenis se grootste rampe het in 1271 plaasgevind. Daardie jaar het Niccolo en Matteo Polo, die vader en oom van Marco Polo, Kublai Khan besoek wat op daardie stadium as die wêreldheerser beskou is - met gesag oor die hele China, Indië en die hele Ooste. Kublai Khan was aangetrokke tot die verhaal van Christus soos Niccolo en Matteo dit aan hom oorvertel het. Hy het vir hulle gesê: ‘Julle moet na julle hoëpriester gaan en hom namens my sê om vir my honderd manne te stuur wat vaardig in julle godsdiens is, en ek sal gedoop word. Wanneer ek gedoop is, sal al my baronne en groot manne gedoop word en hulle onderdane sal ook gedoop word. So sal daar meer Christene hier wees as in julle deel van die wêreld.’ Verbasend genoeg is daar egter niks gedoen in reaksie op Kublai Khan se versoek nie. Eers na dertig jaar is ‘n handjievol sendelinge gestuur. Dit was te min, te laat! Christelike leiers in die Weste het blykbaar nie die visie gehad om te sien hoe die Ooste vir Christus gewen kon word nie. Dis verstommed om te dink aan die maniere waarop die wêreld vandag anders sou kon wees as die dertiende-eeuse China, Indië en die ander gebiede van Asië, Christelik geword het. Nou is dit egter ons verantwoordelikheid! Jy vra: ‘Wat kan ek doen? Ek is net een persoon.’ Jy kan drie dinge doen: 1) ‘Hierdie oes is die Here s’n. Vra Hom dan om werkers vir sy oesland te voorsien’ (Matteus 9:38 NLV). 2) Gee, sodat die ongereddes met die evangelie bereik kan word (sien 2 Korintiërs 9:7). 3) As God jou roep, gaan! ‘…Ek het geantwoord: ‘Here, ek sal gaan! Stuur my!’’

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 28, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 14 Aug 2026

0:00 2:16

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on July 28, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!