Woord vir Vandag - 14 Sep 2026 episode artwork

EPISODE · Aug 17, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 14 Sep 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“…Josua… het… gebid: ‘Son, staan stil…’ Die son het stilgestaan…” Josua 10:12-13 NLV Bid met vrymoedigheid (4) God het gesê: ‘Vra My, en Ek sal jou ‘n antwoord gee. Ek sal jou van ongelooflike dinge vertel. Dit is nou nog vir jou ‘n geheim, en jy weet niks daarvan nie’ (Jeremia 33:3 NLV). Jy moet God in die groot dinge sowel as die klein dingetjies aanroep. Josua se leër het teen die gekombineerde mag van vyf vyandige leërs geveg en was besig om te wen. Die son was egter besig om onder te gaan en hy het meer daglig nodig gehad. Hy het dus iets gedoen wat niemand in die opgetekende geskiedenis al ooit tevore gedoen het nie: ‘Op die dag dat die Here vir Israel oorwinning gegee het oor die Amoriete, het Josua die Here om hulp gevra. Voor almal het hy by die Here gebid: ‘Son, staan stil…’ Die son het stilgestaan. Die maan het net daar bly hang totdat Israel sy vyande uitgewis het… Die son het halfpad in die lug vasgesteek. Hy was nie haastig om op sy gewone tyd onder te gaan nie. So ‘n dag was daar nog nooit voorheen en nooit daarna nie. Die Here het geluister na wat ‘n mens vir Hom vra! Die Here het aan Israel se kant geveg’ (Josua 10:12-14 NLV). Soos Josua, wat teen vyf konings geveg het, veg jy dalk teen ontmoediging, siekte, wanhoop, nederlaag of dood. Reageer in gebed - eerlike, voortdurende en vermetele gebed. Jy is ‘n lid van God se familie. Jy kom nie na Hom as ‘n vreemdeling nie, maar as ‘n erfgenaam. Nader sy troon met vertroue (sien Hebreërs 4:16). Maak jou versoeke ernstig bekend (sien Filippense 4:6). Omdat Christus sy bloed vir jou gestort het, kan jy met vertroue jou hart voor God uitstort, wetende dat jy resultate sal kry.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 17, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 14 Sep 2026

0:00 2:05

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on August 17, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!