Woord vir Vandag - 15 Aug 2026 episode artwork

EPISODE · Jul 28, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 15 Aug 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“…Alles wat ons het, kom van U af, en ons gee vir U net dit wat U reeds vir ons gegee het!” 1 Kronieke 29:14 NLV Geld: Hoe mens dit kry en uitgee Baie van die helde in die Bybel was welgestelde individue. ‘Abram was baie ryk aan lewende hawe, silwer en goud’ (Genesis 13:2 NLV). Koning Dawid ‘…is op ‘n ryp ouderdom dood nadat hy ‘n lang lewe, rykdom en eer geniet het…’ (1 Kronieke 29:28 NLV). Barnabas, ‘n welgestelde grondeienaar, het die uitbreiding van die vroeë kerk moontlik gemaak toe hy ‘n stuk grond verkoop en die geld aan die apostels gegee het (sien Handelinge 4:36-37). Daar is niks met rykdom op sigself verkeerd nie. Die dinge wat egter saak maak, is: 1) Hoe jy dit kry. ‘Kom nou, julle ryk mense, huil en treur oor al die swaar wat vir julle voorlê… Die betaling wat julle teruggehou het van die mense wat oes, is baie duidelike getuienis teen julle…’ (Jakobus 5:1, 4 NLV). Die God wat aanteken en beloon, let ook op hoe jy sake doen. 2) Hoe jy dit gee. Dawid het gesê: ‘…Alles wat ons het, kom van U af, en ons gee vir U net dit wat U reeds vir ons gegee het!’ Wanneer God dus vir jou sê om te gee, probeer om hierdie twee dinge te onthou: a) Hy vra vir ‘n gedeelte van dit wat reeds aan Hom behoort. Jy besit dit nie; jy bestuur dit net vir Hom. b) Jy oes altyd wat jy saai. ‘…Wat mense saai sal hulle ook maai!’ (Galasiërs 6:7 NLV). In God se ekonomie maai jy meer as wat jy saai. Wanneer jy ‘n enkele mieliepit plant, oes jy ‘n mielierank met honderde mieliepitte. Gee dus en God sal aan jou teruggee.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 28, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 15 Aug 2026

0:00 2:11

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on July 28, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!