Woord vir Vandag - 15 Sep 2026 episode artwork

EPISODE · Aug 17, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 15 Sep 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“…Julle sal produktief wees in elke goeie werk en God al hoe beter persoonlik leer ken.” Kolossense 1:10 NLV Jy is geroep om goeie werke te doen Baie mense ken die verhaal hoe Helen Keller die moeilike fisiese uitdaging oorkom het om sonder gehoor, spraak en sig gelaat te word nadat sy as baba koors opgedoen het, en hoe sy uiteindelik geleer het om deur braille te kommunikeer. Haar lewe het miljoene mense geïnspireer. Een van haar vurige bewonderaars was die skrywer Mark Twain. Wat baie mense egter nie weet nie, is hoe hard Helen as volwassene gewerk het. Nadat sy met lof haar graad by Radcliffe College voltooi het, het sy tot haar dood op die ouderdom van agt-en-tagtig gewerk om ander mense te help. Sy het talle artikels geskryf. Sy het lesings vir die Amerikaanse Stigting vir Blindes gegee en miljoene dollars daarvoor ingesamel. Om en by haar tagtigste verjaardag het sy die Lions Humanitêre Toekenning vir haar uitstaande diens aan blindes, ontvang. In die Bybel het Paulus vir die Christene in Kolossense gebid: ‘Dan sal julle leefstyl tot eer van die Here wees en Hy sal daarmee tevrede wees…’ (Kolossense 1:10 NLV). Hy het ook vir hulle twee maniere om dit te doen gegee: ‘Julle sal produktief wees in elke goeie werk en God al hoe beter persoonlik leer ken.’ Geloof en goeie werke; geestelikheid en diens; om die Here te dien en in die behoeftes van ander te voorsien. Dit is hoe Helen Keller geleef het. Jy sê: ‘Maar ek wil eerder die Here as mense behaag.’ Hier is hoe jy dit doen: ‘Doen julle werk entoesiasties, asof julle dit vir die Here doen en nie vir mense nie’ (Efesiërs 6:7 NV). Die gesangeskrywer Charles Meigs het geskryf: ‘Others, Lord, yes others, let this my motto be. Help me to live for others, that I may live like Thee.’

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 17, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 15 Sep 2026

0:00 2:00

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on August 17, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!