Woord vir Vandag - 16 Aug 2026 episode artwork

EPISODE · Jul 28, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 16 Aug 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“…die koningsheerskappy van God is hier by julle.” Lukas 17:21 NLV Verstaan God se koningsheerskappy God se koningsheerskappy is toekomstig, ewig en hemels. Wanneer Christus terugkeer om sy koninkryk op aarde te vestig, sal die volgende profesie vervul word: ‘...Die koninklike heerskappy oor die wêreld behoort nou aan ons Here en sy Christus, en Hy sal as koning heers vir altyd’ (Openbaring 11:15 NLV). Wat ‘n glorieryke dag sal dit nie vir al God se verloste kinders wees nie. Tot dit egter plaasvind, sê Jesus: ‘...die koningsheerskappy van God is hier by julle.’ Dit beteken dat jy as ‘n wedergebore gelowige wat in hierdie wêreld leef, geroep is om te demonstreer wat dit beteken om onder die heerskappy van die Koning van konings en die Here van heersers te leef. Winston Churchill het geskerts: ‘Democracy is the worst form of government, except for all those other forms that have been tried.’ Alle menslike regerings is gebrekkig en uiteindelik bestem om te misluk, omdat dit uit gebrekkige mense bestaan. Dus, as burgers van die koninkryk van God, word ons geroep om die ‘lig’ te wees wat die duisternis verlig en onkunde verdryf, en die ‘sout’ te wees wat die lewens van diegene met wie ons in aanraking kom, geurig maak, reinig, genees en verryk (sien Matteus 5:13-14). Ons word geroep om die beginsels van God se koninkryk op die markplein van die lewe uit te oefen. Of jy nou in die onderwys, vervoer, medisyne, politiek, landbou, verkope, of vervaardiging werk, jy word geroep om die voordele van ‘n lewe onder die heerskappy van Christus en deur die leiding van sy inwonende Heilige Gees, te demonstreer. ‘....Die koninklike heerskappy oor die wêreld behoort nou aan ons Here en sy Christus...’ Wanneer Christus terugkeer, sal hierdie belofte ten volle vervul word. Tot dan, het Jesus gesê: ‘...Gaan doen besigheid daarmee totdat ek terugkom’ (Lukas 19:13 NLV).

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 28, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 16 Aug 2026

0:00 2:16

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on July 28, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!