Woord vir Vandag - 16 Julie 2026 episode artwork

EPISODE · Jun 25, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 16 Julie 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“Hoe aangenaam is u woorde vir my; dis soeter as heuning in my mond.” Psalm 119:103 NLV Ontwikkel ‘n aptyt vir God se Woord In die antieke Joodse kultuur het formele onderwys op sesjarige ouderdom begin. Joodse seuns het by die plaaslike sinagogeskool genaamd bet sefer ingeskryf, wat ‘huis van die boek’ beteken. Teen die tyd dat hulle vier jaar later hul skoolloopbaan voltooi het, het hulle die hele Tora gememoriseer - elke punt en komma van Genesis, Eksodus, Levitikus, Numeri en Deuteronomium is deur memorisering en herhaling op hul serebrale korteks gegraveer. Daar gaan ons verskoning dat ons sukkel om dinge te onthou! Volgens tradisie sou die rabbi die studente se leie waarop hulle skryf, die eerste dag van die klas met heuning bedek. Dan sou die rabbi sy klas opdrag gee om die heuning van hul leie af te lek terwyl hulle Psalm 119:103 (NLV) voordra: ‘Hoe aangenaam is u woorde vir my; dis soeter as heuning in my mond.’ Dit was die eerste en miskien belangrikste les in hul hele opvoeding. Die rabbi wou hê sy studente moes op die Woord van God verlief raak. Hy wou hê hulle moes proe en sien dat die Woord goed is (sien Psalm 34:9). Jeremia het ook so gedink: ‘Ek het u woorde verslind toe hulle gekom het, hulle was vir my ‘n vreugde; ek was bly daaroor dat u Naam oor my uitgeroep is, Here, almagtige God’ (Jeremia 15:16 AFR83). Dawid het gesê: ‘Begrip van u woord bring lig; dit gee insig aan die eenvoudige’ (Psalm 119:130 NLV). Salomo het gesê: ‘Dit is tog die Here wat wysheid gee. Sy woorde gee kennis en insig’ (Spreuke 2:6 NLV). Wanneer jy ‘n smaak vir God se Woord ontwikkel, sal die Heilige Gees, wat die outeur van die Woord is, twee dinge vir jou doen. Eerstens sal Hy dit aan jou openbaar. Tweedens sal Hy jou daaraan herinner.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 25, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 16 Julie 2026

0:00 2:19

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on June 25, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!