Woord vir Vandag - 17 Aug 2026 episode artwork

EPISODE · Jul 28, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 17 Aug 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“Ons is medewerkers in diens van God…” 1 Korintiërs 3:9 AFR83 ‘n Gees van samewerking Sodra jy die feit aanvaar dat jy vir jou eie sukses saad saai wanneer jy ander mense ondersteun, sal ‘n gees van samewerking jou norm word. Neem die geval van Paulus en Apollos. Sommige van die Christene in Korinte het gevoel dat hulle kant moes kies oor watter een om te volg - ten spyte van die feit dat hulle dieselfde evangelie verkondig het. Paulus het hulle aangespreek oor hul vleeslike gesindhede. ‘As een van julle sê: ‘Ek is vir Paulus,’ en ‘n ander: ‘Ek is vir Apollos,’ is julle dan nie nog wêrelds nie? Wat is Apollos dan? Wat is Paulus? Hulle is maar net dienaars deur wie julle tot geloof gekom het, en elkeen doen die werk soos die Here dit vir hom gegee het. Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar dit is God wat laat groei het. Dit gaan dus nie om die een wat plant of die een wat natgooi nie, maar om God wat laat groei… Ons is medewerkers in diens van God… (1 Korintiërs 3:4-9 AFR83). Sommige predikante maak neerhalende opmerkings oor ander bedieninge in ‘n poging om iemand anders se lig te verdoof sodat hul eie lig helderder kan skyn. Dit skrik beide gelowiges en ongelowiges af. Paulus se primêre doelwit was om die evangelie te versprei en hy wou seker maak dat geen predikant verhinder word om dit te doen nie. In sy brief aan Titus het hy gelowiges aangemoedig om Apollos hul volle ondersteuning te gee: ‘Doen jou uiterste bes om… Apollos met hulle reis te help…’ (Titus 3:13 NLV). So ‘n versoek kan slegs uit ‘n geruste hart kom. Die woord vir jou vandag is dus: jy moet ‘n gees van samewerking hê.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 28, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 17 Aug 2026

0:00 2:01

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on July 28, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!