Woord vir Vandag - 17 Julie 2026 episode artwork

EPISODE · Jun 25, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 17 Julie 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“Die Here het vir Josua gesê: ‘Ek gee jou beheer oor Jerigo, sy koning en sy soldate.’” Josua 6:2 NLV Jy sal jou Jerigo oorwin (1) Jerigo se mure was enorm. Hulle het veertig voet bo die grond die stad soos ‘n wapenuitrusting omhul. Hulle was ondeurdringbaar. Josua het nie Jerigo se mure afgebreek nie - God het. God sal dit vir jou ook doen. Jou Jerigo is jou vrees, woede, bitterheid of vooroordeel. Dit is ook jou onsekerheid oor die toekoms; jou skuldgevoelens oor die verlede en jou negatiwiteit, angs en geneigdheid om te kritiseer, oor te analiseer of te kompartementaliseer. Jou Jerigo is enige omstandigheid, houding of denkwyse wat jou van vreugde, vrede of rus weerhou. Jerigo versper jou pad, dus moet sy mure val! ‘…oor drie dae trek julle deur die Jordaan en gaan julle die land in besit neem wat die Here julle God julle as besitting gee’ (Josua 1:11 AFR83). Die werkwoord wat as ‘in besit neem’ vertaal word, beteken ‘om vorige huurders uit te dryf en in hul plek te besit.’ Satan sal egter nie sonder ‘n geveg vertrek nie. Hy sal weerstand bied. Hy sal terugstoot. Hy sal egter nie wen nie. Hoekom nie? Omdat God reeds verklaar het dat jy die oorwinnaar is. ‘Die Here het vir Josua gesê: ‘Ek gee jou beheer oor Jerigo, sy koning en sy soldate.’’ God het nie gesê: ‘Josua, neem die stad in,’ nie. God het gesê: ‘Josua, ontvang die stad wat Ek ingeneem het.’ Dieselfde kan van jou en jou uitdaging gesê word. Jy vra: ‘Wat staan my dus te doen?’ 1) Ontvang jou oorwinning deur geloof, net soos jy jou verlossing ontvang het. 2) Spreek oorwinning uit. Maak seker dat jou woorde met God se woorde ooreenstem. 3) Wandel in jou oorwinning, een dag op ‘n slag.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 25, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 17 Julie 2026

0:00 2:13

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on June 25, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!