Woord vir Vandag - 17 Mei 2026 episode artwork

EPISODE · Apr 22, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 17 Mei 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“Word daarom klein onder die kragtige hand van God, op sý tyd sal Hy julle groot maak.” 1 Petrus 5:6 NLV Die pad boontoe, is afwaarts God sal nie trots van enigiemand duld nie. As selfverhewe mense weier om hulself te verootmoedig, laat hulle God geen ander keuse as om dit vir hulle te doen nie. Eendag het trots die oorhand oor Nebukadnesar, die koning van Babel, gekry: ‘…hy [het] op die dak van sy koninklike paleis in Babel rondgeloop. Hy spog toe by homself: ‘Ek het hierdie grote Babel met my eie mag as my koninklike tuiste opgebou om ‘n teken te wees van my grootheid’’ (Daniël 4:30 NLV). Dit was rou, onverbloemde, arrogante trots. ‘n Jaar tevore het Daniël die koning se droom vir hom uitgelê en gesê dat hy sy weë moet verander. Die koning het egter Daniël se waarskuwing geïgnoreer. God het op daardie oomblik gesê genoeg is genoeg en sy trotse oomblik onderbreek: ‘Terwyl die koning nog besig was om so te praat, het ‘n stem van bo uit die lug gekom: ‘Koning Nebukadnesar, hier is ‘n aankondiging vir jou: Jou koningskap word van jou af weggevat!’’ (Daniël 4:31 NLV). Gedurende die volgende sewe jaar het Nebukadnesar sy verstand verloor en is hy tot die status van ‘n dier in die bos gereduseer. Dit is hoe laag trots hom laat val het! Iemand het eenkeer gesê: ‘’n Man wat te ingenome met homself is, is maar vervelige geselskap.’ Eers toe Nebukadnesar homself verootmoedig het, het God hom genade bewys en hom sy verstand en sy heerskappy teruggegee. Dit is toe dat hy God se soewereiniteit oor alle konings en koninkryke verklaar het: ‘As gevolg hiervan loof en verheerlik en vereer ek, Nebukadnesar, die Koning van die hemel. Alles wat Hy doen, is waar. Wat Hy doen is reg. Almal wat hoogmoedig is kan Hy verneder’ (Daniël 4:37 NLV). Wees dus nederig!

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 22, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 17 Mei 2026

0:00 2:13

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on April 22, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!