Woord vir Vandag - 17 Sep 2026 episode artwork

EPISODE · Aug 17, 2026 · 1 MIN

Woord vir Vandag - 17 Sep 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“God wat saad voorsien aan die saaier en dan brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat toeneem en die vrugte van julle goedhartigheid lieflik laat groei.” 2 Korintiërs 9:10 NLV Wees ‘n saaier Drie jong mans het elk drie mieliepitte van ‘n ou wysgeer ontvang. Hy het hulle beveel om die wêreld in te gaan en die mieliepitte te gebruik om vir hulself goeie geluk te bring. Die eerste jongman het sy drie mieliepitte in ‘n bak sop gesit en dit geëet. Die tweede jongman het gedink: ‘Ek kan beter doen as dit,’ en sy drie mieliepitte geplant. Binne ‘n paar maande het hy drie mielieplante gehad. Hy het die mieliekoppe van die plante afgehaal, dit gekook en genoeg mielies vir drie maaltye gehad. Die derde man het vir homself gesê: ‘Ek kan nog beter doen as dit!’ Hy het ook drie mieliepitte geplant. Toe sy drie mielieplante egter opkom, het hy een van die koppe gestroop en al die sade daarin herplant, die tweede mieliekop vir ‘n liewe meisie gegee en die derde het hy self geëet. Die herplante mieliepitte het hom 200 mielieplante gegee! Met die pitte daarvan het hy aanhou herplant en slegs ‘n absolute minimum opsy gesit om te eet. Hy het uiteindelik ’n honderd akkers mielies geplant. Met sy fortuin het hy nie net die hand van die lieflike meisie gewen nie, hy het ook die grond wat aan die lieflike meisie se vader behoort het, gekoop. Hy het nooit weer honger gehad nie. Daar is ‘n belangrike Skriftuurlike beginsel hieruit te leer. Aan wie voorsien God saad? Saaiers. Wanneer vermeerder God saad? Wanneer dit in goeie grond gesaai word om goeie dinge te bereik. Wees dus ‘n saaier.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 17, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 17 Sep 2026

0:00 1:55

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 1 minute long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on August 17, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!