Woord vir Vandag - 18 Julie 2026 episode artwork

EPISODE · Jun 25, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 18 Julie 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“Josua was in die omgewing van Jerigo toe hy skielik ‘n man voor hom sien staan met ‘n swaard in sy hand…” Josua 5:13 NLV Jy sal jou Jerigo oorwin (2) Laat in Januarie 1956 het dr Martin Luther King Jr. ‘n dreigende telefoonoproep by sy huis ontvang. Dit was nie die eerste onheilspellende boodskap wat hy ontvang het nie. Op hierdie nag, terwyl sy kinders en sy vrou geslaap het, was die gewig van die Burgerregtebeweging vir hom te swaar. Hy het besluit dat die risiko te groot is. Hy het begin om ‘n uittreestrategie neer te skryf. Om middernag het hy sy kop by die kombuistafel gebuig en begin bid: ‘Ek is bang. Die mense kyk na my vir leierskap en as ek sonder krag en moed voor hulle staan, sal hulle ook wankel. Ek het die einde van my kragte bereik. Ek het niks oor nie. Ek het by die punt gekom waar ek dit nie alleen kan trotseer nie.’ King beskryf wat volgende met hom gebeur het, as volg: ‘Ek het die teenwoordigheid van die Goddelike ervaar soos ek Hom nog nooit tevore ervaar het nie. Dit het gevoel asof ek die stil versekering van ‘n innerlike stem kon hoor wat sê: ‘Staan op vir geregtigheid, staan op vir die waarheid; en God sal vir ewig aan jou sy wees.’ Toe hy ‘n ontsaglike uitdaging in die gesig gestaar het, het dr King sy fokus verskuif en hom na God gewend. Die Bybel sê: ‘Josua was in die omgewing van Jerigo toe hy skielik ‘n man voor hom sien staan met ‘n swaard in sy hand…’ Nadat Josua sy oë van Jerigo af opgelig het, het ‘n goddelike boodskapper voor hom met die oplossing vir sy probleem gestaan. Solank jy jou oë net op jou probleem hou, sal jy nie jou probleemoplosser sien nie. Jy moet opkyk. ‘Ek kyk op na die berge. Kom my hulp daarvandaan? Nee, my hulp kom van die Here…’ (Psalm 121:1-2 NLV).

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 25, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 18 Julie 2026

0:00 2:09

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on June 25, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!