Woord vir Vandag - 18 Mei 2026 episode artwork

EPISODE · Apr 22, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 18 Mei 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“My opdrag aan jou is dat jy sterk en dapper moet wees… Die Here jou God is saam met jou…” Josua 1:9 NLV Die grootste mislukking is om nie te probeer nie Dit is onmoontlik om suksesvol te leef sonder om risiko's te neem. Leo Buscaglia het geskryf: ‘Om te lag is om die risiko te loop om dwaas voor te kom. Om te huil is om die risiko te loop om sentimenteel voor te kom. Om lief te hê is om die risiko te loop om nie liefde terug te ontvang nie. Om te lewe is om die risiko te loop om te sterf. Om te hoop is om die risiko te loop om wanhoop te ervaar en om te probeer is om die risiko te neem om te misluk. Risiko's moet egter geneem word, want die grootste gevaar in die lewe is om niks te waag nie. Slegs die persoon wat waag, is werklik vry.’ Franklin Roosevelt het ‘n groot deel van sy lewe teen siekte geveg en was aan ‘n rolstoel gekluister. Hy het gesê: ‘Dit is gesonde verstand om ‘n manier te kry en dit uit te probeer. As dit misluk, erken dit openlik en probeer ‘n ander manier. Maar bowenal, probeer net.’ In sy boek, The Pursuit of Excellence, gee Ted W. Engstrom hierdie raad oor die belangrikheid om te probeer: ‘Vanaf vandag kan jy begin om jou gawes te geniet, te gebruik en te ontwikkel. As jy nog altyd wou skryf, skryf dan iets – ‘n kort artikel, ‘n gedig, ‘n verslag van jou vakansie. Skryf dit asof dit gepubliseer gaan word. As jy ‘n fotograaf is, maak jou beste foto’s bymekaar en skryf vir ‘n kompetisie in. As jy dink dat jy ’n goeie tennisspeler is, neem dan aan ‘n paar toernooie deel en kyk hoe jy vaar. Jy wen dalk nie die prys nie, maar dink net hoeveel jy sal leer en ervaar deur net te probeer. Die grootste mislukking is om nie te probeer nie!’

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 22, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 18 Mei 2026

0:00 2:07

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on April 22, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!