Woord vir Vandag - 18 Sep 2026 episode artwork

EPISODE · Aug 17, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 18 Sep 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“…Dink ‘n bietjie na oor hoe sake vir julle staan! Julle het baie aanplantings gedoen, maar die oes was maar skraal…” Haggai 1:5-6 NLV Gehoorsaamheid: die sleutel tot oorwinning en seën In die eerste hoofstuk van Haggai lees ons van ‘n groep mense vir wie God gesê het om sy huis te herbou. Na agtien jaar het hulle Hom steeds nie gehoorsaam nie, maar kon nie verstaan waarom hulle lewens ‘n gemors was nie. Hulle het gewonder waarom God hulle nie seën nie. Daarom het Hy vir hulle gesê: ‘Hoe kan julle in weelderige huise bly terwyl my huis ‘n ruïne is?.. Dink ‘n bietjie na oor hoe sake vir julle staan! Julle het baie aanplantings gedoen, maar die oes was maar skraal. Julle het nou wel kos om te eet, maar julle is nog honger. Julle het wyn om te drink, maar nie genoeg om julle dors te les nie. Julle het klere om aan te trek, maar dit is nie voldoende om julle warm te hou nie. Julle geld raak weg asof dit gebêre is in ‘n broeksak met gate!.. Gaan haal hout op die heuwels en begin dan my huis herstel. Dit sal My tevrede stel en Ek sal voel dat julle My eer betoon…’ (verse 4-8 NLV). As jy nie tevrede is met hoe dinge gaan nie, is dit nie dalk omdat jy nie gedoen het wat Hy vir jou gesê het om te doen nie? Jakobus het geskryf: ‘Van Bo af kom net goeie, ja, volmaakte gawes. Hulle kom van die Vader wat die hemelligte geskep het. Anders as die hemelligte, staan Hy onbeweeglik vas. Selfs sy skaduwee verskuif nie soos hulle s’n nie’ (Jakobus 1:17 NLV). God is intrinsiek goed en Hy wil graag jou lewe met sy goedheid oorlaai. Om dit te ervaar, moet jy egter in gehoorsaamheid wandel. ‘…Hy sal die goeie nie weerhou van hulle wat doen wat reg is nie’ (Psalm 84:12 NLV). Gehoorsaamheid is jou sleutel tot oorwinning en seën.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 17, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 18 Sep 2026

0:00 2:05

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on August 17, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!