Woord vir Vandag - 19 Julie 2026 episode artwork

EPISODE · Jun 25, 2026 · 1 MIN

Woord vir Vandag - 19 Julie 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“…staan baie vas, onbeweeglik. Gee altyd julle allerbeste vir die Here se werk…” 1 Korintiërs 15:58 NLV Staan vas In die dae toe groot beesplase volop in Amerika was, is ‘n klein esel soms aan ‘n wilde perd vasgemaak en dan op die vlaktes losgelaat. Die wilde perd sou die esel kilometers ver sleep en hom soos ‘n sak voer rondgooi. Binne ‘n paar dae sou hulle egter terugkeer. Die klein esel sou eerste opgemerk word, waar hy terug plaas toe met sy onderdanige perd draf. Iewers op die vlaktes sou die perd uitgeput raak en homself van die esel probeer losmaak. Op daardie oomblik het die esel die meester van die twee geword. Die stadige, geduldige, onbelangrike dier het die leier van die vinniger, meer wispelturige en meer gewaardeerde een geword. Wat het die verskil gemaak? Om ‘n standvastige doel te hê! Wat was die esel se doel? Om terug huis toe te gaan! Dus, maak nie saak hoeveel keer die perd baklei het, aan die tou getrek het en op sy rug beland en woedend geskop het nie, die esel het elke keer wat hy weer op sy voete gekom het, nog ‘n paar treë in die rigting van die plaas gee. Dit was net ‘n kwessie van tyd voordat die moeë en uitgeputte perd besluit om by hom in te val. Een van die groot temas van die Skrif is om ‘n standvastige doelwit te hê. Samuel het vir die Israeliete gesê: ‘Julle moenie weggaan van Hom nie, want dan gaan julle na die afgode toe wat niks beteken nie en wat nie kan help en red nie’ (1 Samuel 12:21 ABA). Jesaja het geskryf: ‘…Ek het my gesig hard soos vuurklip gemaak. Ek weet ek sal nie in die verleentheid kom nie’ (Jesaja 50:7 NLV). Paulus het geskryf: ‘…staan baie vas, onbeweeglik. Gee altyd julle allerbeste vir die Here se werk…’

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 25, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 19 Julie 2026

0:00 1:59

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 1 minute long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on June 25, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!