Woord vir Vandag - 19 Mei 2026 episode artwork

EPISODE · Apr 22, 2026 · 1 MIN

Woord vir Vandag - 19 Mei 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“Hy het twee leë skuite aan die waterkant gesien waar vissermanne dit gelos het om hulle nette te was.” Lukas 5:2 NLV Was jy jou nette? Waarom sou vissermanne hulle nette, wat nie gebruik is nie, was? Hulle het tou opgegooi omdat hulle oornag niks daarmee uitgerig het nie. ‘…Ons het die hele nag hard gewerk en het niks gevang nie…’ (vers 5 NLV). Hulle was verslae! Jesus het egter toe opgedaag. Hy het gekom tot waar hulle was; Hy het reg in die middel van hul teleurstelling met ‘n oplossing ingestap. Eers het Hy vir hulle gevra om hulle boot te gebruik om vir die skare te preek en die menigtes te genees. Kind van God, gee alles aan Hom oor - alles wat jy het, alles wat jy is en alles wat jy ooit sal wees - en laat Hom toe om jou vir sy hoogste doeleindes te gebruik. Daarna het Hy vir hulle ‘n woord gegee wat slegs deur geloof ontvang kon word: ‘…Vaar nou dieper in en gooi jou nette uit, en jy sal baie vis vang’ (Lukas 5:4 NLV). Verstaan jy nou hoekom Hy wag tot jy alles gedoen het waaraan jy kan dink? Slegs dan is jy gereed om te luister. Al lyk dit of sy Woord nie sin maak nie, is jy dan gereed om dit sonder vrae te gehoorsaam. Is jy vandag mismoedig? Is dit jou bediening, jou huwelik, jou werk of jou gesondheid wat jou moedeloos maak? Jy is dalk besig om jou nette te was, maar dis nie verby nie. Wie het vir jou gesê God gaan jou nie weer seën nie? Wie het vir jou gesê Hy gaan nie oorwinning uit jou wanhoop voortbring nie? Dis nie verby totdat Hy sê dis verby nie. As Hy die leë nette van daardie mismoedige dissipels kon vul, dan is daar nie ‘n probleem van jou wat Hy nie kan oplos nie.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 22, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 19 Mei 2026

0:00 1:49

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 1 minute long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on April 22, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!