Woord vir Vandag - 19 Sep 2026 episode artwork

EPISODE · Aug 17, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 19 Sep 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“Dit beteken dat lof en vloek uit dieselfde mond kom. Dit kan tog nie so wees nie…!” Jakobus 3:10 NLV Moenie met ‘n ‘gevurkte tong’ praat nie Let op wat die Bybel oor ‘n onbeheerste tong sê: ‘Partykeer loof daardie tong ons Here en Vader, en ander kere vloek dieselfde tong mense wat na die beeld van God gemaak is. Dit beteken dat lof en vloek uit dieselfde mond kom. Dit kan tog nie so wees nie…! Kan ‘n fontein uit dieselfde oog soet en bitter water laat opborrel? Kan jy olywe van ‘n vyeboom afpluk, of vye van ‘n druiwestok?’ (verse 9-12 NLV). Inheemse Amerikaanse Indiane het gewaarsku om nie iemand met ‘n ‘gevurkte tong’ te vertrou nie. Hulle sal een ding op een tyd op een plek sê en die teenoorgestelde ding op ‘n ander tyd op ‘n ander plek sê. Ons mislei onsself as ons dink ons kan deur die lewe gaan en met ‘n gevurkte tong praat. Ons woorde is ‘n barometer van wat werklik in ons harte aangaan. Daarom het Salomo geskryf: ‘Bo alles wees versigtig met wat in jou hart aangaan. Wat jy dink, bepaal alles wat jy doen’ (Spreuke 4:23 NLV). Soms sal ‘n dokter jou tydens ‘n ondersoek vra om jou tong uit te steek. Hoekom? Omdat interne probleme dikwels deur die film of laag op die tong geïdentifiseer kan word. ‘n Bekwame dokter sal egter nie net jou tong skoonmaak en jou huis toe stuur nie. Nee, hulle sal die oorsprong van jou probleem bepaal en dit dan behandel. ‘n Hart wat aan God oorgegee is, produseer ‘n tong wat onder die beheer van sy Heilige Gees is. Salomo het ook gesê: ‘Dis lekker om te luister na wyse woorde. Dwase se gepraat lei net tot vernietiging’ (Prediker 10:12 NLV).

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 17, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 19 Sep 2026

0:00 2:07

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on August 17, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!