Woord vir Vandag - 2 Aug 2026 episode artwork

EPISODE · Jul 28, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 2 Aug 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“…Moet Ek dan self saamgaan sodat jou hart kan rus?” Eksodus 33:14 NLV Ervaar elke dag God se teenwoordigheid Nicholas Herman was ‘n kok in ‘n klooster. Hy was bekommerd of hy werklik gered was of nie. Eendag, terwyl hy na ‘n boom gekyk het, het hy die waarheid van die Psalmdigter se woorde besef - dat dit in iets anders en dieper as homself gewortel moes wees (sien Psalm 1:1-3). Daardie dag het hy besluit om sy lewe ‘n eksperiment te maak in wat hy ‘n ‘voortdurende stille, geheime gesprek van die siel met God,’ genoem het. Hy is vandag onder die nuwe naam wat sy vriende hom gegee het, bekend: Broer Lawrence. Hy het sy hele lewe lank onbekend gebly en die res van sy dae in die kloosterkombuis deurgebring. Die mense rondom hom het egter gevind dat riviere van lewende water uit hom gevloei het, wat hulle laat begeer het om God ook te ken soos hy Hom geken het. ‘Die goeie broer het God oral gevind,’ het een van hulle geskryf, ‘net soveel wanneer hy gekook het, as wat hy saam met die gemeenskap gebid het.’ Nadat Broer Lawrence gesterf het, het sy vriende ‘n boek van sy briewe en gesprekke saamgestel. Dit word Die Beoefening van God se Teenwoordigheid genoem en word as een van die mees geleesde boeke van die afgelope vier eeue beskou. Hierdie kok se boek het baie gewilde kontemporêre romanskrywers oortref, en sy boek is steeds op topverkoperlyste. Broer Lawrence het gesê: ‘Die heiligste en noodsaaklikste praktyk in ons geestelike lewe is die teenwoordigheid van God. Dit beteken om voortdurend bevrediging in sy goddelike geselskap te vind, nederig en liefdevol met Hom in alle seisoene, in elke oomblik te praat, sonder om die gesprek op enige manier te beperk.’

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 28, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 2 Aug 2026

0:00 2:05

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on July 28, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!