Woord vir Vandag - 2 Julie 2026 episode artwork

EPISODE · Jun 25, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 2 Julie 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“My liggaam en my hart kan kwyn, maar God is my blywende krag en my erfdeel vir altyd.” Psalm 73:26 NLV Met God se hulp, sal jy sukses behaal Sommige van die wêreld se grootste presteerders het met fisiese gestremdhede deur die lewe gegaan en ongelooflike teenspoed oorgekom. Sir Walter Scott was kreupel. John Bunyan, skrywer van The Pilgrim’s Progress, is gevange geneem. George Washington, Amerika se eerste president, het amper in die sneeu by Valley Forge verkluim en van die honger omgekom. Abraham Lincoln het slawerny in Amerika beëindig, maar hy het in uiterste armoede grootgeword en het voortydig in ‘n sluipmoord gesterf. Die Britse Eerste Minister Benjamin Disraeli is aan bittere godsdienstige vooroordeel onderwerp. Franklin D. Roosevelt het polio opgedoen. Ludwig van Beethoven het doof geword. Glen Cunningham, ‘n Olimpiese naelloper wat baie wêreldrekords hou, se bene is erg tydens ‘n brand beseer. Booker T. Washington, Harriet Tubman, Marion Anderson en George Washington Carver is in ‘n samelewing vol rassediskriminasie gebore. Enrico Caruso was lid van ‘n groot, arm Italiaanse gesin waar slegs ‘n paar kinders hulle babajare oorleef het. Itzhak Perlman, konsertviolis, is op vierjarige ouderdom van sy middel af verlam. Dawid se pa en familie het hom nie waardig geag om Saul as Israel se koning op te volg nie. Die samelewing sou hom sekerlik as gevolg van sy owerspel met Batseba verwerp het. Tog het God na hom as ‘…’n man na my hart…’ (Handelinge 13:22 NLV), verwys. Dawid het die volgende van God gesê: ‘My liggaam en my hart kan kwyn, maar God is my blywende krag en my erfdeel vir altyd… Ek het geskuil by die Here my God…’ (verse 26, 28 NLV). Die woord vir jou vandag is dus: met God se hulp sal jy sukses behaal.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 25, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 2 Julie 2026

0:00 2:22

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on June 25, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!