Woord vir Vandag - 2 Sep 2026 episode artwork

EPISODE · Aug 17, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 2 Sep 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“Maar aan elkeen van ons afsonderlik is volgens Christus se vrygewigheid ‘n genadegawe gegee.” Efesiërs 4:7 NLV Gebruik die gawe wat God jou gegee het Paulus het gesê dat toe Jesus ‘…in die hoogte opgevaar het, het Hy krygsgevangenes meegevoer en geskenke aan die mense gegee’ (vers 8 NLV). Hy het die metafoor van ‘n seëvierende koning gebruik. Dit was algemeen in Paulus se tyd dat die verowerende monarg sy prestasie gevier het deur geskenke aan sy mense te gee. Jesus het dit ook gedoen. Nadat Hy die sonde en die dood aan die kruis verslaan het, het Hy na die hemel opgevaar, sy regmatige plek aan die regterhand van God ingeneem en ‘…geskenke aan die mense gegee.’ Wat ‘n heerlike gedagte! Jesus, wat vir ewig die kroon dra, deel vermoëns en vaardighede uit: ‘Pieter, neem jou plek in die veld van medisyne in. Maria, jou gebied is rekeningkunde.’ Almal kry ‘n gawe en hierdie gawes kom in verskillende dosisse en kombinasies voor. ‘Die Gees wys vir elkeen wat hy moet doen, want die Gees weet wat is goed vir die gemeente’ (1 Korintiërs 12:7 ABA). Ons erfenis is op genade en gelykheid gebaseer, maar ons lewensopdragte is volgens maat gemaak. Geen twee sneeuvlokkies is dieselfde nie. Geen twee vingerafdrukke is dieselfde nie. Waarom sou twee vaardighede dieselfde wees? Geen wonder dat Paulus gesê het: ‘Moenie ondeurdag optree nie, maar probeer uitvind wat God se wil is’ (Efesiërs 5:17 NLV). As jy nie weet wat jou lewensdoel is nie, sal jy nooit die lied sing wat God vir jou stem geskryf het nie en nooit die wenstreep met arms wat hemelwaarts gestrek is oorsteek en verklaar: ‘Ek is gemaak om dit te doen!’ nie. Daarom sê die Bybel: ‘Laat elkeen sy eie doen en late ondersoek: as dit goed is, kan hy daarop trots wees sonder om dit met dié van ‘n ander te vergelyk’ (Galasiërs 6:4 AFR83).

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 17, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 2 Sep 2026

0:00 2:19

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on August 17, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!