Woord vir Vandag - 20 Aug 2026 episode artwork

EPISODE · Jul 28, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 20 Aug 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“…’Wie kan Ek met ‘n boodskap na my volk toe stuur? Wie sal vir ons gaan?’ Ek het geantwoord: ‘Here, ek sal gaan! Stuur my!’” Jesaja 6:8 NLV Jou reaksietyd maak saak Onthou jy die tien spioene wat God se vermoë om sy belofte na te kom betwyfel het en die Israeliete ontmoedig het om die Beloofde Land binne te gaan? Hul twyfel was so aanstootlik vir God - Hy het immers reeds sy mag aan hulle deur die uittog uit Egipte en die skeiding van die Rooi See geopenbaar - dat God dadelik sy oordeel oor hulle voltrek het. Die volgende dag het die Israeliete ‘n ommeswaai gemaak. Hulle het van plan verander, maar dit was te min, te laat. Een dag se vertraging het hulle veertig jaar gekos! Hulle het die Beloofde Land misgeloop omdat hul reaksietyd te stadig was. Dit beteken nie dat jy in vrees moet leef om iets mis te loop nie. God is immers die God van tweede kanse (sien Jona 3:1). Jy moet egter die volgende verstaan: onaktiwiteit is ‘n aksie en besluiteloosheid is ‘n besluit. Wanneer jy met God te doen het, is jou reaksietyd van kardinale belang. Paulus se bediening het begin toe hy ‘n lewensveranderende ontmoeting met Christus op die Damaskuspad gehad het. Onmiddellik het hy op sy knieë geval en uitgeroep: ‘…Here, wat wil U hê moet ek doen?..’ (Handelinge 9:6 AFR53). Toe die hemel oopgaan en God vra: ‘…Wie kan Ek met ‘n boodskap na my volk toe stuur? Wie sal vir ons gaan?..’ het die profeet Jesaja onmiddellik geantwoord: ‘…Here, ek sal gaan! Stuur my!’ Hy het gesê: ‘Ja, gaan. Sê vir die mense so…’’ (Jesaja 6:8-9 NLV). Jy wil nie God vooruitloop nie en jy wil nie agtergelaat word nie. Wat jy moet doen, is om die geleenthede wat Hy jou gee so vinnig, so beslis en so dapper as moontlik aan te gryp. Jou reaksietyd maak saak.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 28, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 20 Aug 2026

0:00 2:11

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on July 28, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!