Woord vir Vandag - 20 Julie 2026 episode artwork

EPISODE · Jun 25, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 20 Julie 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“…Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra.” Efesiërs 3:20 NLV Seëninge wat jy jou nie eers kan indink nie Pastoor Heidi Scanlon sê: ‘God het seëninge vir ons in kategorieë wat ons nie eers weet bestaan nie.’ Dit beteken dat God iets uit niks kan skep. Hy kan onverwags uit die niet verskyn en net wanneer jy Hom die nodigste het, jou iets gee waaraan jy nie eers gedink het nie. God sê: ‘My gedagtes is anders as julle s’n, en julle paaie is nie my paaie nie… Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is wat Ek doen, hoër as wat julle doen, en my gedagtes hoër as julle gedagtes’ (Jesaja 55:8-9 NLV). Jy vra: ‘As God seëninge het wat ek my nie eers kan indink nie, hoe kan ek daarvoor vra?’ Dis waar die Heilige Gees, wat in jou woon, jou help: ‘…die Gees self neem ons gebedsbehoeftes voor God op… in harmonie met God se wil vir die gelowiges…’ (Romeine 8:26-27 NLV). Omdat dit wat die Heilige Gees bid in ooreenstemming met God se wil is, word jy met wysheid wat bo jou kennis is, met krag wat bo jou krag is, en met guns wat bo jou vermoë is, geseën. Paulus het dit so gestel: ‘Hy moet geprys word - Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra. Die kerk wat aan Christus Jesus verbind is, moet Hom prys deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid! Amen’ (Efesiërs 3:20-21 NLV). Jy moet egter steeds jou plig doen, want God kan nie nalatigheid seën nie. Wanneer jy egter weet dat jy jou deel getrou gedoen het en God gehoorsaam het, kan jy Hom vertrou vir seëninge waaraan jy nie eers kan dink nie.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 25, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 20 Julie 2026

0:00 2:05

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on June 25, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!