Woord vir Vandag - 20 Sep 2026 episode artwork

EPISODE · Aug 17, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 20 Sep 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“En God is in staat om aan julle elke gawe in oorvloed te gee sodat julle in elke opsig altyd van alles genoeg kan hê…” 2 Korintiërs 9:8 NLV In vennootskap met God Paulus het geskryf: ‘En God is in staat om aan julle elke gawe in oorvloed te gee sodat julle in elke opsig altyd van alles genoeg kan hê… God wat saad voorsien aan die saaier… sal ook aan julle saad gee en dit laat toeneem en die vrugte van julle goedhartigheid lieflik laat groei. In elke opsig sal julle ryk gemaak word om ook by elke geleentheid vrygewig te kan wees…’ (verse 8, 10-11 NLV). Paulus kon dit nie duideliker stel nie. As ons getrou is om vrygewig te gee, sal God ons as bekwame vennote onthou en ons in die toekoms weer gebruik om aan ‘n behoefte te voldoen. Wanneer ‘n restaurant goeie diens lewer, lei dit tot herhaalde besigheid. Dieselfde geld vir goeie rentmeesters. As jy vrygewig saai, is God in staat om jou meer en meer te gee. Wanneer jy in ‘n gee-vennootskap met Hom is, maak Hy seker dat jy alles kry wat jy nodig het, presies wanneer jy dit nodig kry. Dis sy aanbod aan jou. Ware rykdom is om alles te hê wat jy nodig het, wanneer jy dit nodig kry. Dit behoort al jou vrese om te gee, te verdryf. Hou vrees jou vrygewigheid terug? Gee jy net wanneer daar oorskiet is omdat jy bekommerd is oor hoe om kop bo water te hou? Het jy al ooit vir God gevra om jou ‘n plan te gee vir die rentmeesterskap van die geld wat Hy aan jou toevertrou het? Op ‘n stadium moet jy as Christen die sprong neem en sê: ‘God, omdat ek my so baie oor geld bekommer, nooi ek U in my finansies in. Ek wil weet dat U betrokke is, maak nie saak of dinge goed of sleg gaan nie.’

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 17, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 20 Sep 2026

0:00 2:05

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on August 17, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!