Woord vir Vandag - 21 Julie 2026 episode artwork

EPISODE · Jun 25, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 21 Julie 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“…Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uitgestrek lê” Hebreërs 12:1 NLV Moenie toelaat dat jou aandag afgetrek word nie In Maart 1987 het Eamon Coughlan in die kwalifiserende uitdunne by die Wêreld Binnenshuise Baankampioenskappe in Indianapolis gehardloop. Hy was die heersende wêreldrekordhouer van die 1500 meter item en was die gunsteling om die wedren te wen. Ongelukkig, met twee en ‘n half rondtes oor, het hy gestruikel en hard geval. Hy het egter opgestaan en met groot moeite daarin geslaag om die voorste naellopers in te haal. Met twintig meter oor was hy in die derde plek, wat goed genoeg sou wees om vir die finale wedloop te kwalifiseer. Toe maak Coughlan egter ‘n fatale fout - hy kyk oor sy skouer na agter. Omdat hy niemand naby hom gesien het nie, het hy sy inspanning effens verslap. Wat hy egter nie opgemerk het nie, was dat ‘n ander naelloper hard aan die ander kant van hom aangestorm gekom het. Hierdie naelloper het hom ‘n meter voor die wenstreep verbygesteek en hom uit die eindrondte uitgeskakel. Coughlan se inspanning was uiteindelik om slegs een rede waardeloos: Hy het sy oë vir ‘n oomblik van die wenstreep afgehaal en op die deelnemers agter hom gefokus. Die skrywer van die boek Hebreërs het gesê: ‘…kom ons stroop alles wat ons spoed kan vertraag, veral die sonde wat so maklik ‘n houvas op ‘n mens kry. Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uitgestrek lê’. Dinge wat regmatig is, kan soms jou spoed vertraag. ‘Sonde’ verwys na iets wat jy weet verkeerd is en jou die wedloop kan kos. Lê dus albei af en ‘…Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uitgestrek lê, ons oë vasgenael op Jesus, die Een op wie ons geloof vanaf die wegspring tot by die eindstreep steun…’ (verse 1-2 NLV).

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 25, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 21 Julie 2026

0:00 2:02

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on June 25, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!