Woord vir Vandag - 21 Mei 2026 episode artwork

EPISODE · Apr 22, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 21 Mei 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“…ek [leef] deur geloof in die Seun van God. Hy wat sy liefde vir my bewys het deur in my plek te sterf.” Galasiërs 2:20 NLV Jy is ten volle vergewe Hoeveel keer het die apostel Paulus, wat eens as Saulus, die vervolger van Christene bekend was, terugflitse van Stefanus se steniging gehad? Of die tallose ander Christene wat hy soos diere gejag het? Paulus was ‘n ooggetuie van hierdie gebeure, wat beteken dat daardie beelde in sy visuele korteks vasgevang was. Wanneer hy sy oë toegemaak het, kon daardie beelde vir die res van sy lewe by hom gespook het. Volgens vandag se standaarde was Saulus ‘n terroris - maar hy het egter ‘n ontmoeting met Christus gehad wat hom verblind het. Hy het sy fisiese sig na drie dae herwin, maar die genade van God het hom in staat gestel om vir ewig ‘n blinde oog vir sy vergeefde sonde te draai. As God ‘n blinde oog vir belyde sonde draai, moet ons dit nie ook doen nie? Dit beteken nie dat ons ons sonde ontken of dit ignoreer nie. Paulus het homself die ergste sondaar genoem (sien 1 Timoteus 1:15). Miskien is dit hoekom hy die genade van God so waardeer het. Die rede waarom baie van ons ander mense volgens hul sonde etiketteer, is omdat dit ons beter oor onsself laat voel. Ons dink: ‘Ek is dalk nie perfek nie, maar ek het dít ten minste nie gedoen nie!’ Paulus was egter ferm: ‘Ons het immers almal gesondig. Ons almal het God beroof van die eer wat Hom toekom’ (Romeine 3:23 NLV). God kategoriseer nie jou sondes soos die regstelsel as oortredings of misdade nie. Nee, jy is óf in sonde, óf in Christus. Jy is óf skuldig, óf jy is ten volle vergewe. Nie net is jou sondes - verlede, hede en toekoms - versoen nie, maar deur jou geloof het God jou vergewe en jou rekening met die geregtigheid van Christus uitgewis.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 22, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 21 Mei 2026

0:00 2:10

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on April 22, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!