Woord vir Vandag - 21 Sep 2026 episode artwork

EPISODE · Aug 17, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 21 Sep 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“…ek kom na jou toe in die Naam van die Here die Almagtige…” 1 Samuel 17:45 NLV Praat terug met jou reus Goliat het bo Dawid uitgetroon. Dawid het egter na Goliat deur die oë van sy almagtige God wat hoog sit, laag sien en alles oorwin, gekyk. ‘…Jy kom na my toe met ‘n swaard en ‘n spies en ‘n kromswaard, maar ek kom na jou toe in die Naam van die Almagtige, die God van die magte van Israel wat jy beledig het.’ Intimidasie is een van Satan se gunstelingwapens. Hy sal jou gedagtes gee wat jou in ‘n toestand van vrees laat. Eendag het die spotprentkarakter Charlie Brown by die skool middagete geëet toe hy aan sy vriend Linus bieg dat hy nie goed genoeg voel om ‘n sekere jong dame te nader nie: ‘Ek kan nie met daardie klein rooikopmeisie praat nie, want sy is iets en ek is niks. As ek iets was en sy niks was nie, kon ek met haar praat, of as sy iets was en ek iets was, dan kon ek met haar praat. Of as sy niks was en ek niks was nie, dan kon ek ook met haar praat. Maar sy is iets en ek is niks, so ek kan nie met haar praat nie.’ Linus het geantwoord: ‘Vir niks, Charlie Brown, is jy werklik nogal iets besonders!’ Charlie Brown het toegelaat dat die rooikop se skoonheid hom intimideer en na die kantlyn toe dwing. As sy verloste kind, dink God dat jy werklik iets besonders is. Dawid het gesê: ‘Het die Here jou gered? Sê dit dan, jy wat Hy verlos het van die vyand’ (Psalm 107:2 NLV). Omdat Dawid se woorde met God se Woord en sy plan ooreengestem het, is Goliat in sy spore gestuit. Staan dus vandag voor jou ‘reus’ en kondig aan: ‘Ek sal jou verslaan in die Naam van die Here die Almagtige!’

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 17, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 21 Sep 2026

0:00 2:17

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on August 17, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!