Woord vir Vandag - 22 Julie 2026 episode artwork

EPISODE · Jun 25, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 22 Julie 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“…volwasse liefde dryf die vrees uit…” 1 Johannes 4:18 NLV Wandel in vrees, of wandel in liefde Navorsing toon dat denke wat op liefde gefokus is die norm is, terwyl denke wat op vrees gefokus is aangeleer word. Dit is egter nie nuus as jy na die Skrif kyk nie: ‘Ware liefde het nie plek vir vrees nie; volwasse liefde dryf die vrees uit…’ Die afgelope paar dekades het wetenskaplikes die anatomie en fisiologie van liefde en vrees nagevors. Dit is twee verskillende stelsels en op enige bewuste oomblik sal ons of in die een, of in die ander funksioneer. Wetenskap wys dat wanneer ons in liefde begin funksioneer, ons negatiewe, toksiese gedagtes begin afleer. Ons kan negatiewe vrees afleer - dit is nie deel van ons aangebore natuurlike funksionering nie. Onlangse neurowetenskaplike navorsing toon dat sommige van die chemikalieë wat die brein vrystel wanneer ons in liefde funksioneer oksitosien insluit, wat letterlik die negatiewe toksiese gedagtes laat wegsmelt sodat herbedrading van nuwe, nie-toksiese stroombane kan plaasvind. Hierdie chemikalieë word ook afgeskei wanneer ons ander vertrou, met hulle verbindings aanknoop en na hulle uitreik. Dus, om te kies om in liefde te funksioneer kan letterlik die vrees uitdryf. Navorsing toon ook dat wanneer ons goeie dinge doen en in liefde uitreik, endorfiene en serotonien vrygestel word. Dit ontgif ons breine en verhoog ons motivering en wysheid, wat ons help om die lewe meer suksesvol te hanteer. Ons sien die diepgaande gevolge van die keuse tussen liefde en vrees in die Skrif: ‘Vandag gee ek aan jou die keuse tussen lewe en dood, tussen seën en vloek… Mag jy die lewe kies…’ (Deuteronomium 30:19 NLV). Prediker 7:29 (NLV) sê: ‘…God het die mense goed en opreg gemaak, maar hulle het allerlei slimmighede gesoek.’ Die keuse is joune: wandel in vrees, of wandel in liefde.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 25, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 22 Julie 2026

0:00 2:17

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on June 25, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!