Woord vir Vandag - 22 Sep 2026 episode artwork

EPISODE · Aug 17, 2026 · 1 MIN

Woord vir Vandag - 22 Sep 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“Die Here God het die mens in die Tuin van Eden aangestel om dit te bewerk en te versorg.” Genesis 2:15 NLV Doen altyd jou werk goed Toe God Adam gemaak het, het Hy hom eerstens aan die werk gesit. Dit is omdat werk ons ‘n gevoel van doel, betekenis en waardigheid gee. ‘Die Here God het die mens in die Tuin van Eden aangestel om dit te bewerk en te versorg.’ Adam was dus ‘n tuinier. Of jy nou kontant in ‘n bank tel, op Wall Street verhandel, burgers in ‘n strandstalletjie braai, spesialiteit-disse in ‘n vyfster-restaurant maak, hout in die bos kap of brandhout kloof en aflewer, ‘n span afrig, by ‘n gemeente as pastoor optree, topverkoperboeke publiseer, koerante in die vroeë oggendure aflewer, in ‘n televisieprogram speel, ‘n groot stuk grond bewerk, grasperke sny en afrond, rekenaars verkoop, ‘n vragmotor vol masjinerie bestuur, huise bou, swembaddens skoonmaak, sake voor ‘n regter argumenteer, of familiegeskille as ‘n berader besleg, doen altyd ‘n goeie werk. ‘n Wyse man het eenkeer gesê: ‘Elke werk is ‘n selfportret van die persoon wat dit doen. Onderteken jou werk met uitnemendheid.’ Daniël het dit gedoen en die boonste sport in Babilon bereik. ‘Hierdie Daniël het deur sy buitengewone bekwaamheid so uitgeblink bo die ander ministers en die goewerneurs-generaal dat die koning van plan was om hom oor die hele koninkryk aan te stel’ (Daniël 6:4 AFR83). Daar is geen geringe werkies nie, net mense wat dit as gering beskou en in die uitvoering daarvan gering word. Die Bybel sê: ‘Luiaards begeer baie dinge, maar hulle kry dit nie. Mense wat hard werk, het meer as wat hulle kan begeer’ (Spreuke 13:4 NLV). Doen dus altyd jou werk goed.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 17, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 22 Sep 2026

0:00 1:56

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 1 minute long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on August 17, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!