Woord vir Vandag - 24 Julie 2026 episode artwork

EPISODE · Jun 25, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 24 Julie 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“…wanneer die Raadgewer, die Heilige Gees, kom… sal Hy julle in alle opsigte onderrig…” Johannes 14:26 NLV Jy benodig meer van die Heilige Gees (1) Jesus het gesê: ‘…wanneer die Raadgewer, die Heilige Gees, kom… sal Hy julle in alle opsigte onderrig en julle ook herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.’ Wanneer jy ‘n belangrike besluit moet neem, het jy ‘…geestelike wysheid en insig…’ (Efesiërs 1:17 NLV), nodig. Wanneer jy in ‘n moeilike situasie is en onseker is oor wat om te sê: ‘…Sê maar net wat God in daardie uur vir julle sal gee om te sê. Julle sal wel die woorde uitspreek, maar eintlik is dit die Heilige Gees wat deur julle praat’ (Markus 13:11 NLV). Wanneer jy dit moeilik vind om liefde te betoon? ‘Maar as die Gees ons lewe beheer, is die gevolg: liefde…’ (Galasiërs 5:22 NLV). Dieselfde geld vir elke vrug van die Gees. Moet jy ‘n verslawing oorkom? ‘Maar as die Gees ons lewe beheer, is die gevolg… selfbeheersing…’ (verse 22-23 NLV). Selfbeheersing is eintlik ‘n oksimoron, want dit kom nie van jouself af nie. Dis die Gees wat dit voorsien, dus is dit eintlik Geesbeheersing. Jy het meer van die Heilige Gees nodig. Die Gees van God wil jou nie net vul nie; Hy wil jou ook uitdaag en jou kapasiteit vergroot. As jy voel of jou lewe vandag in chaos en wanorde is, is die Gees van God - net soos Hy aan die begin van die skepping was toe Hy lig uit die duisternis, orde uit chaos en skoonheid uit niks voortgebring het (sien Genesis 1:1-3), steeds daar. Maak nie saak watter vraag jy het nie, die Heilige Gees is die antwoord. Maak nie saak watter probleem jy in die gesig staar nie, die Heilige Gees is die oplossing. Jy het soveel as moontlik van Hom nodig, dus moet jy soveel as moontlik van jouself aan Hom oorgee.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 25, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 24 Julie 2026

0:00 2:14

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on June 25, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!