Woord vir Vandag - 24 Mei 2026 episode artwork

EPISODE · Apr 22, 2026 · 1 MIN

Woord vir Vandag - 24 Mei 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.” Filippense 2:13 AFR53 God werk in jou God werk in jou. Waaraan werk Hy? Jou wil. Wat wil Hy hê moet jy doen? Om na sy welbehae te werk. Hoe doen Hy dit? Deur jou gedagtes: ‘Julle gesindheid moet soos Jesus Christus s’n wees’ (Filippense 2:5 NLV). God kan hoorbaar deur omstandighede of deur ‘n ander persoon met jou praat. Omdat God egter vir jou sy gedagtes kan gee of jou gedagtes kan lei, is jou gedagtes die vergaderkamer waar Hy meestal met jou sal kommunikeer. Daarom sal Satan probeer om bose idees in jou gedagtes te plaas. As hy nie daarin slaag nie, sal hy probeer om jou gedagtes met vrees en bekommernis te vul. As dit ook nie werk nie, sal hy tevrede daarmee wees om jou ure lank na ‘waardelose dinge’ op televisie of die internet te laat kyk. Die Psalmdigter het gebid: ‘Weerhou my van waardelose dinge…’ (Psalm 119:37 NLV). Om van God te kan hoor en te verstaan wat Hy vir jou sê, moet jy jou gedagtes ‘n beskermde omgewing maak. Jou begeerte om van God te hoor moet voorrang bo elke ander begeerte wat jy het, geniet. Die sosiale hervormer Dorothy Day, wat baie werk namens die armes in die twintigste eeu gedoen het, het gepraat van wat sy haar ‘nosies’ genoem het - idees wat die onmiskenbare stempel van God se outeurskap in haar gedagtes gehad het. George Fox en die Kwaker-tradisie het dit ‘besorgdhede’ genoem. Ander praat van ‘aansporings’ of ‘leidings.’ Die goeie nuus is dat indien jy werklik van God wil hoor en jy bereid is om jou lewe dienooreenkomstig te prioritiseer, sal Hy met jou praat.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 22, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 24 Mei 2026

0:00 1:57

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 1 minute long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on April 22, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!