Woord vir Vandag - 24 Sep 2026 episode artwork

EPISODE · Aug 17, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 24 Sep 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“…Ek is saam met Christus gekruisig.” Galasiërs 2:19 NLV Lewe die gekruisigde lewe Paulus het geskryf: ‘…Ek is saam met Christus gekruisig. Ek leef nie meer nie, maar Christus lewe in my. Die lewe wat ek nou op aarde beleef, leef ek deur geloof in die Seun van God, Hy wat sy liefde vir my bewys het deur in my plek te sterf’ (verse 19-20 NLV) Dis moeilik om aanstoot te neem wanneer jy dood is. Dis ook moeilik om kwaad te word, ontsteld te raak of depressief te raak wanneer jy dood is. Die dag waarop jy jou geloof in Christus plaas, is die dag waarop jou ou mens sterf. Jou begeertes, jou drome en jou planne is dood. Jy is ‘n nuwe skepping in Christus. Natuurlik moet jy daagliks in hierdie identiteit leef. Paulus het gesê: ‘Ek sterf dag vir dag…’ (1 Korintiërs 15:31 AFR53). Jesus het gesê: ‘…as enigeen van julle my dissipel wil word, moet jy jou selfsugtige ambisie aflê, elke dag jou kruis opneem en My volg’ (Lukas 9:23 NLV). Die kern van beide verse is dat dit daagliks moet gebeur. Daar is groot vryheid in hierdie daaglikse dood. Jou prestasie is nie meer ‘n bewys van jou waarde nie. Jou ego is nie meer op die spel nie. Jou reputasie is nie meer in gevaar nie. Jy leef vir die goedkeuring van Een - die Here! Daarom kon Paulus skryf: ‘Maar ek – ek wil my op niks anders beroem as die kruis van ons Here Jesus Christus nie. Want daardeur is die wêreld vir my gekruisig, en ek vir die wêreld’ (Galasiërs 6:14 NLV). Om sy punt tuis te bring, het hy geskryf: ‘Julle het mos saam met Christus gesterf en julle lewe is saam met Hom veilig by God weggesteek’ (Kolossense 3:3 NLV).

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 17, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 24 Sep 2026

0:00 2:08

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on August 17, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!