Woord vir Vandag - 25 Aug 2026 episode artwork

EPISODE · Jul 28, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 25 Aug 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“Daarom moet julle… vir mekaar bid sodat julle gesond kan word…” Jakobus 5:16 NLV Gebed maak die wêreld se verskil Die kardioloog dr Randolph Byrd, wat ‘n christen was, het baie daarin belang gestel om te weet of gebed ‘n ‘wetenskaplik meetbare’ impak op genesing het. Hy het gesê: ‘Na baie gebed het die idee van hoe om dit te meet by my opgekom.’ Oor ‘n tydperk van tien maande het ‘n rekenaar 393 pasiënte in die kardiologiese sorgeenheid by die San Francisco Algemene Hospitaal aan een van twee groepe toegewys. Gebedsgroepe het vir die eerste groep gebid. Die tweede groep is nie voor gebid nie. Die gebedsgroepe het uit verskeie Christelike denominasies bestaan. Hulle het slegs die voorname van die pasiënte en kort beskrywings van hul diagnose en toestand gekry. Daar is elke dag vir hulle gebid. Die pasiënte waarvoor gebid is, het op die volgende maniere van dié waarvoor nie gebid is nie, verskil: 1) Hulle was vyf keer minder geneig om antibiotika nodig te kry. 2) Hulle was drie keer minder geneig om vloeistof in die longe te ontwikkel. 3) Nie een van hulle moes aan ‘n ventilator gekoppel word nie. 4) Minder van hulle het gesterf. As dit ‘n nuwe middel of prosedure was wat bestudeer is, sou hierdie as ‘n deurbraak beskou geword het. Selfs dr William Nolan, die skrywer van ‘n boek wat geloofsgenesing veroordeel, het gesê: ‘Dit klink asof hierdie studie ondersoek moet word. Miskien behoort ons dokters op ons voorskrifte te skryf: ‘Bid drie keer per dag.’’ Ons lees in die Ou Testament: ‘’Ek sal jou gesond maak en jou wonde genees,’ sê die Here…’ (Jeremia 30:17 NLV). Jakobus skryf in die Nuwe Testament: ‘En ‘n gelowige gebed sal die siek mens gesond laat word; die Here sal hom laat opstaan… Daarom moet julle… vir mekaar bid sodat julle gesond kan word’ (Jakobus 5:15-16 NLV).

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 28, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 25 Aug 2026

0:00 2:19

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on July 28, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!