Woord vir Vandag - 25 Mei 2026 episode artwork

EPISODE · Apr 22, 2026 · 1 MIN

Woord vir Vandag - 25 Mei 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“…Kom julle nou self eenkant toe na ‘n stil plek en skep ‘n bietjie asem.” Markus 6:31 NLV Oorkom werksverslawing Een van Satan se taktieke is om ons van die een uiterste na die ander te neem - van luiheid na werksverslaafdheid. Dis belangrik om die verskil tussen ‘n harde werker en ‘n werksverslaafde te verstaan. Harde werkers het die wysheid om perke te stel aan hoeveel hulle gedurende ‘n dag kan doen. In haar boek, 30 Days to a Stronger, More Confident You, skryf Deborah Smith Pegues: ‘Ek was in ontkenning oor my werksverslawing totdat ek besef het dat ek heelwat van die kenmerkende simptome het: Ek het die meeste van die tyd laat gewerk. Die meeste van my gesprekke het om die probleme by die kantoor gedraai. Ek het selde middagete geneem. Ek was altyd besig om veelvuldige take te verrig; ek het selde enige taak doelgerig uitgevoer. As ek oor die telefoon gepraat het, het ek ook die tyd gebruik om die huis op te ruim. As ek televisie gekyk het, het ek ook papiere georganiseer, en so aan en so meer. Wanneer ek probeer ontspan het, het ek gedink aan al die dinge wat ek eintlik moes doen. My doenlysie het meer items daarop gehad as wat ek moontlik gedurende ‘n enkele dag kon bereik. Ek was ‘n slaaf van my oortrokke kalender; ek het min of geen tyd vir ontspanning gehad nie. Ander mense het te stadig beweeg. Ek het altyd na die volgende afspraak gejaag. Ek het uitgesien na die toekennings wat ek vir goeie prestasie ontvang het. Vandag probeer ek slegs by die aktiwiteite wat ek voel deel van God se plan vir my lewe is, betrokke raak.’ Dis wonderlike raad! Jesus het vir sy hardwerkende dissipels gesê: ‘…Kom julle nou self eenkant toe na ‘n stil plek en skep ‘n bietjie asem.’ Sê die Here dieselfde vir jou?

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 22, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 25 Mei 2026

0:00 1:55

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 1 minute long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on April 22, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!