Woord vir Vandag - 25 Sep 2026 episode artwork

EPISODE · Aug 17, 2026 · 1 MIN

Woord vir Vandag - 25 Sep 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“En al het jy met min begin, sal jy met baie eindig.” Job 8:7 NLV Maak gereed vir verandering (1) Ons klou dikwels aan mense en dinge vas asof ons alles dieselfde kan hou. Dit kan egter nie gebeur nie. Wat jy wel kan doen, is om gereed te wees om verandering te hanteer wanneer dit plaasvind. Jy mag dalk nie kan voorspel wat die verandering sal wees nie, maar jy kan dinge in plek stel om jou te help om dit te hanteer wanneer dit aanbreek. Kinders gaan universiteit toe, dus oorweeg wyse ouers dit om ‘n spaarplan uit te neem wanneer hulle kinders gebore word. Mense hou uiteindelik op werk, dus maak dit sin om vir aftrede te spaar. ‘n Uitvoerende beampte wat eendag gaan bedank, beplan vir ‘n opvolger sodat die maatskappy kan aanhou floreer. Soms is verandering moeilik, maar beplanning help ons om verandering tegemoet te kom. Met God aan jou sy het jy al die gereedskap wat jy nodig het vir sukses, insluitend die buigsaamheid en aanpasbaarheid om jou koers soos nodig aan te pas. Dink aan hoe tegnologie, soos selfone en rekenaars, die manier waarop ons kommunikeer, inkopies doen en leef, verander het. Die GPS is ‘n wonderlike tegnologiese uitvinding, maar bestuurders was aanvanklik huiwerig om daarvan gebruik te maak. Dit het egter die ervaring om jou pad te vind terwyl jy bestuur, verander. Terwyl jy deur die veranderinge van die lewe navigeer: 1) Besef dat God in jou leef, deur jou werk en altyd jou beste belange op die hart dra (sien Filippense 2:13). 2) Reik uit na die nuutste gereedskap en tegnieke, of dit nou tegnologies is of ‘n nuwe benadering tot gesinslewe, dieet, oefening of spiritualiteit behels. Met ander woorde, maak gereed vir verandering.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 17, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 25 Sep 2026

0:00 1:59

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 1 minute long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on August 17, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!