Woord vir Vandag - 26 Aug 2026 episode artwork

EPISODE · Jul 28, 2026 · 1 MIN

Woord vir Vandag - 26 Aug 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“...Ons neem ook elke gedagte gevange…” 2 Korintiërs 10:5 NLV ‘Gryp die gedagte en gooi dit in die asblik’ Max Lucado het geskryf: ‘’n Ruk terug het ‘n ma my gevra om vir haar agtjarige seun te bid. Hy is gedurig deur beelde en skrikwekkende visioene geteister wat hom teruggetrokke en skugter gelaat het. Dit het selfs sy slaap beïnvloed. Die dag wat ons ontmoet het, het sy oë vol trane geskiet en hy het aan sy ma vasgeklou. Sy het hom na dokters toe geneem, maar niks het gehelp nie. Ek het vir hom gesê dat die duiwel geen gesag oor sy lewe het nie. Dat die ware geveg in sy gedagtes gevoer moet word. Dat God ons sal help om elke gedagte gevange te neem. Ek het hom aangespoor om ‘n Bybelvers te memoriseer en dit elke keer wanneer die vreesaanjaende gedagtes by hom opkom, aan te haal. ‘Steek jou hand uit,’ het ek hom aangemoedig, ‘en gryp die gedagte en gooi dit in die asblik. Vervang dit dan dadelik met ‘n vers uit die Skrif.’ Ons het hom toe met olie gesalf en vir hom gebid. Vyf dae later het sy ma laat weet dat hy groot vordering gemaak het. ‘Sedert verlede week is die beelde weg; hy sien hulle nie meer nie. Hy sê elke aand hierdie Skrifgedeelte uit Psalm 25:5 (NLV) op: ‘Lei my deur u waarheid en leer my, want U, o God, is my redder…’ Ek glo dit het hom nader aan Christus gebring. Hy gebruik die strategie om die vreesaanjaende gedagtes in die asblik weg te gooi. Hy sê toe hy eers probeer het om die gedagtes weg te gooi, het dit sy kop seergemaak. Ek het gevra: ‘Hoe het hulle dan weggegaan?’ Hy het geglimlag en gesê: ‘God het hulle laat weggaan.’’ Die woord vir jou vandag is dus: ‘Gryp dit en gooi dit in die asblik.’

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 28, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 26 Aug 2026

0:00 1:56

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 1 minute long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on July 28, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!