Woord vir Vandag - 26 Sep 2026 episode artwork

EPISODE · Aug 17, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 26 Sep 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“Daar is ‘n vaste tyd vir alles, elke ding onder die son het sy tyd… Hy het alles mooi gemaak…” Prediker 3:1, 11 NLV Maak gereed vir verandering (2) In sy boek, Good to Great, vergelyk die sakeleier en skrywer Jim Collins die mega-kruidenierswinkel A&P, die grootste kleinhandelorganisasie ter wêreld in die 1950’s, met Kroger, ‘n klein, waardegebaseerde supermarkketting wat ook in die vyftigerjare floreer het. Beide maatskappye het besef dat die wêreld besig was om tegnologies te verander. Beide maatskappye het slim navorsing gedoen en gekwalifiseerde ontleders aangestel om te voorspel hoe hierdie veranderinge toekomstige besigheid sou beïnvloed. Hulle het elk tot die gevolgtrekking gekom dat gerief vir die kliënt van die allergrootste belang sou wees. Eenstop-inkopies sou al hoe belangriker word. Kroger het dus stappe gedoen om sy winkels by die nuwe ‘superwinkel’-strategie wat ons vandag as vanselfsprekend aanvaar, aan te pas. Benewens kos, het hulle begin om toiletware, voorskrifmedisyne, huishoudelike items en meer te verkoop. A&P het egter gekies om die bevindinge te ignoreer. Die resultaat? In 1999 het Kroger tagtig keer dié van sy eenmalige mededinger A&P se winste gegenereer en die nommer een plek in die mark oorgeneem. Daar is ‘n les hieruit te leer. Om dit wat jy in die lewe wil hê te bereik, kan jy nie bekostig om die tekens van verandering of die komende uitdagings te ignoreer nie. Om voor te gee dat iets nie gebeur nie, is bloot om in ontkenning te leef. Is jy dus gereed en gewillig om by verandering aan te pas wanneer dit opdaag? Is die tegnieke wat jy gebruik om verandering te hanteer proaktief en effektief? Soek jy God se leiding en seën? ‘Dit is tog die Here wat wysheid gee. Sy woorde gee kennis en insig’ (Spreuke 2:6 NLV).

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 17, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 26 Sep 2026

0:00 2:21

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on August 17, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!