Woord vir Vandag - 27 Aug 2026 episode artwork

EPISODE · Jul 28, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 27 Aug 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“…beplan alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is.” Filippense 4:8 NLV Dink goeie gedagtes Kenners skat dat ons 50 000 tot 70 000 gedagtes per dag het. Ons moet die volgende vier dinge oor ons gedagtes waarneem: 1) Sielkundiges sê dat 98 tot 99 persent van ons gedagtes gewoonte is. Met ander woorde, dit is basies dieselfde gedagtes wat ons gister, eergister en die dag daarvoor gehad het. Jou gedagtes moet egter elke dag vernuwe word (sien Romeine 12:2). Jy kan nie aanhou om dieselfde dinge te dink en dan ‘n ander uitkoms of uitkyk verwag nie. Wat is dan die antwoord? Neem ‘n leeringesteldheid aan! ‘Stel wysheid voorop, dan sal dit vir jou aansien gee. Stel dit hoog op prys en dit sal aan jou eer gee. Dit sal jou kroon met voorspoed…’ (Spreuke 4:8-9 NLV). 2) Slegs 12 persent van ons gedagtes is op die toekoms gefokus. Geloof is egter per definisie toekomsgerig. ‘…geloof… is ‘n vaste versekering dat die dinge waarna ons uitsien, inderdaad sal gebeur’ (Hebreërs 11:1 NLV). 3) Navorsing het bevind dat die gemiddelde persoon 46,9 persent van hul wakker ure bestee om aan iets anders as waarmee hulle tans besig is, te dink. Dwalende gedagtes is dikwels ongelukkige gedagtes. Natuurlik is die mees voor die hand liggende rede daarvoor die digitale toestelle wat ons konstant gebruik. Niks verdof ons vermoë om te droom meer as ons sogenaamde slimfone nie! 4) Die Cleveland Clinic skat dat 80 persent van ons gedagtes negatief is. Dis 48 000 negatiewe gedagtes per dag! Wanneer ons dan daardie gedagtes verbaliseer, vererger dit die probleem. Wat is dan die antwoord? ‘…julle moet altyd dink aan die dinge wat waar is, wat mooi is, wat reg is, wat rein is, wat pragtig en goed is. Ja, julle moet dink aan alles wat mooi is, alles waarop ‘n mens trots kan wees’ (ABA).

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 28, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 27 Aug 2026

0:00 2:28

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on July 28, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!