Woord vir Vandag - 27 Julie 2026 episode artwork

EPISODE · Jun 25, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 27 Julie 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“Ek kan onder alle omstandighede regkom deur Hom wat my krag gee.” Filippense 4:13 NLV Wees ‘n ‘ek kan’ persoon Mense het erge weerstand gebied teen uitvindings wat ons deesdae as alledaags beskou en elke dag geniet. In Duitsland het ‘kundiges’ gesê dat as treine so vinnig as vyftien tot twintig myl per uur sou ry - wat as ‘n skrikwekkende spoed beskou is - bloed uit die reisigers se neuse sou stroom en passasiers sou versmoor wanneer hulle deur tonnels gaan. In Amerika het kenners gesê die bekendstelling van die spoorlyn sou veroorsaak dat baie nuwe inrigtings vir kranksinniges gebou sou moes word, aangesien mense mal van vrees by die aanskoue van die lokomotiewe sou word. Toe die idee van ysterskepe die eerste keer voorgestel is, het kenners daarop aangedring dat hulle nie sou kon dryf nie, dat dit moeilik sou wees om die ysterbodem teen roes te bewaar en dat yster kompaslesings sou verwar. In 1797, toe die eerste gietysterploeg uitgevind is, het boere in New Jersey dit verwerp en gesê dat die gietyster die grond sou vergiftig en die groei van onkruid sou stimuleer. Toe die YMCA in New York die uitvinding van die tikmasjien verwelkom en tiklesse vir vroue aangekondig het, het protesoptogte plaasgevind omdat daar geglo is dat die vroulike konstitusie onder die druk daarvan sou ineenstort. Kyk nou na die volgende stellings, wat elkeen die produk van ‘n negatiewe denkwyse was: 1) ‘Vlieënde masjiene wat swaarder as lug is, is onmoontlik’ (Lord Kelvin, President, Royal Society, 1895). 2) ‘Die mens sal nooit die krag van die atoom benut nie’ (Robert Millikan, Nobelpryswenner in fisika, 1923). 3) ‘Alles wat uitgevind kan word, is al uitgevind’ (Charles H. Duell, Direkteur van die Amerikaanse Patentkantoor, 1899). As jy groot dinge wil bereik en deur God gebruik wil word, moet jy ‘n ‘ek kan’ persoon wees.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 25, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 27 Julie 2026

0:00 2:12

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on June 25, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!