Woord vir Vandag - 27 Mei 2026 episode artwork

EPISODE · Apr 22, 2026 · 1 MIN

Woord vir Vandag - 27 Mei 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“…Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word… nie.” Johannes 4:15 NLV Christus kan jou siel bevredig Sy het in Samaria gewoon, was vyf keer getroud en het nou saam met ‘n man gewoon wat nie haar eggenoot was nie. Miskien het mense vreeslik oor haar geskinder. Hoekom anders sou sy op die hitte van die middag by die put gaan water haal het? Ander vroue het hul waterkruike met sonsopkoms gaan volmaak, maar hierdie vrou het die hitte van die son bo die hitte van hulle minagting verkies. As dit nie vir die verskyning van ‘n vreemdeling was nie, sou haar verhaal vir ewig verlore gegaan het. Hy het egter haar lewe binnegekom met ‘n belofte van lewende water wat die dors van haar siel sou les. Hy het vir haar gesê: ‘…Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors word. Wie egter van die water drink wat Ek hom gee, sal nimmer as te nooit weer dors word. Die water wat Ek vir hom sal gee, sal ‘n fontein in hom word waarvan die water vir altyd sal bly opborrel.’ Die vrou sê toe vir Hom: ‘Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word en hierheen hoef te kom om water te skep nie’… Die vrou het haar waterkruik net daar gelos, na die dorp toe gegaan en vir die mense gesê: ‘Kom kyk self – ‘n man het my alles vertel wat ek al gedoen het. Is hy nie die Messias nie?’… Uit daardie dorp het baie van die Samaritane in Jesus begin glo op grond van die vrou wat met oortuiging kom vertel het: ‘Hy het my alles vertel wat ek gedoen het’’ (Johannes 4:13-15, 28, 39 NLV). Niemand anders wou haar ‘n kans gee nie, maar Jesus het haar die kans van ‘n leeftyd gegee. Wat Hy vir haar gedoen het, sal Hy vir jou ook doen.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 22, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 27 Mei 2026

0:00 1:57

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 1 minute long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on April 22, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!