Woord vir Vandag - 27 Sep 2026 episode artwork

EPISODE · Aug 17, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 27 Sep 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“Sien jy iemand wat bedrewe is in sy beroep? Hy werk vir konings en nie vir gewone mense nie.” Spreuke 22:29 NLV Studeer. Werk. Hoop. Druk deur. Om dowes te help kommunikeer, was wat Alexander Graham Bell, die uitvinder van die telefoon, werklik gemotiveer het. Miskien was dit omdat sy ma en sy vrou albei doof was. ‘As ek 'n doofstom persoon kan laat praat,’ het Bell gesê, ‘kan ek metaal laat praat.’ Vir vyf frustrerende en armoedige jare het hy met ‘n verskeidenheid materiale geëksperimenteer om ‘n metaalskyf te maak wat in reaksie op klank sou vibreer, daardie klanke sou reproduseer en dit oor ‘n elektriese draad sou stuur. Tydens ‘n besoek aan Washington DC, het hy Joseph Henry, ‘n wetenskaplike wat ‘n pionier in navorsing met betrekking tot elektrisiteit was, besoek. Hy het sy idees aan hom voorgelê en sy raad gevra - moet hy iemand anders die telefoon laat vervolmaak of moet hy dit self doen? Henry het Bell aangemoedig om dit self te doen, waarop hy gekla het dat hy nie die nodige kennis van elektrisiteit het nie. Henry se kort antwoord was: ‘Kry dit dan.’ Dus het Bell begin om elektrisiteit te bestudeer. ‘n Jaar later, toe hy ‘n patent vir die telefoon verkry het, het die amptenare van die patentkantoor gesê dat hy meer van elektrisiteit as al die ander uitvinders saam, geweet het. Studie, werk, hoop en deursettingsvermoë is ‘algemene dinge’, maar hulle is die sleutels tot ongewone sukses in die lewe. Soos Bell ontdek het, is deursettingsvermoë dikwels die uitdagendste daarvan. Longfellow het geskryf: ‘The heights by great men reached and kept were not attained by sudden flight. But they, while their companions slept, were toiling upward in the night.’ Salomo het geskryf: ‘Sien jy iemand wat bedrewe is in sy beroep? Hy werk vir konings en nie vir gewone mense nie.’

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 17, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 27 Sep 2026

0:00 2:20

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on August 17, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!