EPISODE · Jul 28, 2026 · 2 MIN
Woord vir Vandag - 28 Aug 2026
from Radio Pulpit · host Radio Pulpit
“…As iemand egter sonde doen, ons het ‘n Helper by die Vader wat ons saak stel, Jesus Christus, die regverdige.” 1 Johannes 2:1 NLV Jesus is in jou hoek (1) Jy ken dalk nie die naam Angelo Dundee nie, maar jy het ongetwyfeld al van die wêreldkampioen-bokser Muhammed Ali gehoor. Vir meer as twee dekades was Angelo letterlik in Muhammed Ali se hoek. Hy was Ali se hoekman! Hy het ook ander wêreldbokskampioene opgelei. Een van die beste beskrywings van Jesus is dat Hy ons hoekman is! ‘…As iemand egter sonde doen, ons het ‘n Helper by die Vader wat ons saak stel, Jesus Christus, die regverdige.’ In sy brief aan Timoteus spoor Paulus ons aan om die goeie stryd te stry (sien 1 Timoteus 6:12). Jy gaan vir seker ‘n keer of twee neergevel word. Jy het egter ‘n hoekman wat self drie rondtes met die dood geveg het. Hy is by die kruis neergevel, maar Hy het drie dae later weer opgestaan. Hy het uit die graf gestap en die stryd teen sonde en die dood gewen. Waar is Hy nou? Hy is aan die regterhand van die Vader en tree vir jou by Hom in. Met ander woorde, Christus is in jou hoek! Hy is ook nie die enigste een nie. Jesus het die Heilige Gees die ‘parákletos’ genoem, wat in Afrikaans as trooster en raadgewer vertaal word. ‘Parakleet’ is ‘n militêre term wat na Romeinse soldate verwys wat rug-aan-rug veg wanneer hulle in ‘n handgeveg betrokke raak. Hulle het sodoende mekaar se blinde kant beskerm. Dit is wat die Heilige Gees doen. Die Heilige Gees beskerm jou rug, en Christus is in jou hoek. Die profeet Jesaja noem Hom ons agterhoede: ‘…die Here trek voor julle uit, en die God van Israel is julle agterhoede’ (Jesaja 52:12 AFR). Jy het nie net een lid van die drie-enige God wat vir jou intree nie - jy het twee!
Embed this episode
NOW PLAYING
Woord vir Vandag - 28 Aug 2026
No transcript for this episode yet
Similar Episodes
No similar episodes found.
Similar Podcasts
No similar podcasts found.