Woord vir Vandag - 28 Julie 2026 episode artwork

EPISODE · Jun 25, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 28 Julie 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“…Hy het ons in ons verhouding met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe.” Efesiërs 2:10 NLV Jy moet weet wie jy is ‘n Boer het eenkeer ‘n jong arend gevang, hom huis toe gebring en tussen sy hoenders en kalkoene grootgemaak. Vyf jaar later het ‘n natuurkenner hom kom besoek en die voël gesien. ‘Dis 'n arend, nie ‘n hoender nie!’ het hy gesê. ‘Ja,’ het die boer gesê, ‘maar ek het hom grootgemaak om ‘n hoender te wees.’ Die natuurkenner het gesê: ‘Hy het ‘n vlerkspan van vyftien voet. Dis ‘n arend!’ Die boer het geantwoord: ‘Maar hy sal nooit vlieg nie.’ Die natuurkenner het nie saamgestem nie en hulle het besluit om hul argument op die proef te stel. Eers het die natuurkenner die arend opgetel en gesê: ‘Jy is ‘n arend; jy hoort in die lug en nie op hierdie aarde nie; strek jou vlerke uit en vlieg.’ Die arend het die hoenders onder hom gesien en afgespring. Die volgende dag het die natuurkenner die arend na die bokant van die huis geneem, dieselfde ding gesê en die arend laat gaan. Weer eens het hy die hoenders onder op die werf gewaar en afgefladder om by hulle aan te sluit om te eet. ‘Nog een probeerslag,’ het die natuurkenner gesê. Hy het die arend teen ‘n berg opgeneem. Die bewerige voël het rondgekyk en toe het die natuurkenner dit in die son laat kyk. Toe die natuurkenner weer vir die voël sy ware identiteit vertel het, het die arend skielik sy vlerke uitgestrek, ‘n magtige krys gegee en weggevlieg om nooit weer terug te keer nie. Jy moet weet wie God jou geskep en geroep het om te wees. Dit vind in die regte omgewing, tussen die regte geselskap en met die regte insette, plaas. ‘…Hy het ons in ons verhouding met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe.’

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 25, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 28 Julie 2026

0:00 2:00

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on June 25, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!